Hulle kon dalk beter metal gekies het vir hierdie video, maar verder is daar fokol verkeerd. Uitstekende kamerawerk en ongelooflike moerse airs en tailgrabs en waddefok mens ook al die tricks noem. Daai ouens trek verder deur die lug met een jump as V-Town se besoedeling in die winter.
So entjie in die video in is daar even ‘n bruinbeer wat teen die hange van die berg op swag asof hy Samuel L fokken Jackson is en alles wat die oog kan sien besit. Die video is blykbaar ook op iTunes te koop, so kom ons check ons lysie uit van nog kak wat mens nie in SA kry nie:
- iTunes: thanks vir fokol, Steve Jobs. Africa are also a country, hoor! (ek dink nie hy kan nie)
- Awesome bruinbere met Samuel L Jackson swagger: Pretoria Zoo se gehokte bere het fokol op hierdie outjie en hulle pelse is altyd vol poef of kleiner diere.
- daai kamerawerk: OK, maybe het ons iewers iemand in SA wat dit kan afpull. District 9?
- snowboarders op daai level: Hello? Anyone?
- sneeu op daai level: die Drakensberg is mos net goed vir ‘n seunskoor.
- sneeulikopters?
Kom ons hou op bitch en kyk eerder na die video.
O ja, en as jy dit klaar gespeck het, check sommer The Art Of Flight game uit. Hy vat so rukkie om te laai en dis nogal vet pret. Kyk byvoorbeeld na hierdie screenshot met die my awesome score en poeshot tricks wat ek gooi
Watkykjy staan op 3,118,561 post views in totaal sedert 1 November, 2019.