RKO. ‘n Review. Soortvan.

In Snotstories deur Zirkie24 Eiertjies

Die volgende stelling het al verskeie kere veroorsaak dat mense my wil moer…

Die oorwegende meerderheid Afrikaanse musiek is kak.

Die oomblik wat daai woorde uit my mond kom, is almal binne earshot ewe skielik ‘n kenner op die veld. Dis amazing hoe die instant-experts hullself bevuil en opspring en Afrikaanse musiek dan met alle geweld probeer verdedig. In die eerste plek mis hulle heeltemal die punt wat ek probeer maak. Die oorwegende meerderheid Engelse musiek is ook kak. Afrikaans is nie spesiaal in daai aspek nie, maar blykbaar moet ‘n mens nie Afrikaans uitsonder nie, anders bevlek jy mense se gold-plated opinions…pffft!

Hieronder noem ek ‘n paar van daardie opinies, en hoekom hulle eintlik kak is:

1. “Ag issie man, MK is flippen awesome! Ek kyk dit elke dag na rekby oefening, maar ek mis ditop Donderdae, want dan is my Wiskunde ekstra klas!”

Hierdie is obviously die matriek prefek opinie. Hierdie persoon, seun of dogter, voel nog skuldig as hulle masturbate, en hulle dink actually Bouwer Bosch in sy fokken speedo maak ‘n meaningful video. Hierdie opinions maak fokol saak nie, Dans Dans Lisa ook nie.

2 “Jy’s faktap man. Niks sokkie lekkerder as Bok nie…en ek smaak vir Nicholas stukkend, maar * Steve * is tops my ou! 

Hierdie is ongelukkig die mees algemene opinie. Dit behoort aan die tipe persoon, ou of goose, wat nog nooit van beter geleer het nie. Jy kan hulle maklik spot as hulle praat. Die first-name basis wat hulle op is met hulle helde is vir my effens scary.   * Sien ook : Frannie *Jy dink aan hom as: Steve – daai groot talent wat dit laat voel asof sy songs net vir my geskryf is. Ek like Steve kwaai! Hy dink aan jou as:  Daai poes wat my nuwe cd gekoop het – ek weet nie actually hoeveel kinders ek het nie. Ek like geld en naai kwaai!.

Hierdie opinie is regtig fokken tragies:

3 “Ja, ek stem saam! al daai sokkie sokkie is bullshit bru, maar check Die Antwoord, of vir Heuwels, en wat van  * Frannie * en die boys!!!”  * Sien ook: Steve *

Dis die Neo-Afrikaans hipster opinie. Nou terwyl dit heeltemal valid is dat Die Antwoord en die Heuwels Fantasties en die res van Bellville legitimately befokte musiek al kwytgeraak het, is dit verkeerd om te dink aan hulle as “saviours” van Afrikaanse musiek. Daar is nog steeds heeltemal te veel kak vir hulle om ‘n groot genoeg dent te maak na my sin. Vir elke een klein Tambotieboom is daar 17 Baby Tjoklits …wat ‘n poes weird sin om te tik…maar jy weet dis die waarheid.

 4. “Ek luister nie afrikaanse musiek nie”

Hierdie is die kakste opinie van almal, maar die een wat ek die meeste kan verstaan. Daar is soveel tos beskikbaar. Soveel afrikaanse plaas-stoor-pop-kak wat die airwaves besoedel, dat ek sweer dit in my lyf begin intrek en my nagmerries gee. Vir die afgelope paar aande het ek elke keer dieselfde droom gehad…

‘n Pampoen-kleur Kaboemielie met Skarumbas op sy gesig forseer my om saam met hom te gaan jol by Snotkop se huis. Ons kom by die plek aan, en ewe skielik is ek Bok van Blerk se linker Boks Handskoen in die musiek video vir sy song “my kreet. Ek voel vuil want ek weet ek is die hand waarmee hy draad trek. Dan verander ek in die legion Afrikaanse chicks wat “net-een-naam” het: Mirka, Chane, Lika, Rika Tanya, Alta, Corlea, Nadine, Bianca, etc…. Ek word gelyktydig almal van hulle, en dan het ek die befokste singlehanded lesbian orgy in die geskiedenis van seks…maar net voor fyndraai kom Sean Else van Eden in die kamer in en se hy wil kak op my bors… en dan skrik ek wakker. Sien? Die kak maak my mal.

…”maar jirre Zirkie” dink jy seker nou. “ Ek dog hierdie is ‘n review van Die Geheim Van Slangfontein, Die Radio Kalahari orkes se nuwe DVD? Al wat daar tot dusver gesê is, is hoe kak Afrikaanse musiek is en jy het nog net mooi fokol gesê oor die ding wat jy supposed is om te review nie. Wadiefok!?”

Dis eintlik heel eevoudig. Een, ek is ‘n kak skrywer, en twee is dat jy verstaan nou baie goed hoe ek voel oor Afrikaanse musiek. Jy verstaan nou dat ek minder as fokol uitgesien het om die DVD te review nie. En jy sal ook verstaan hoekom ek so beautifully surprised was dat RKO se Geheim Van Slangfontein Befok was met ‘n hoofletter B.

Na ek dit gekyk het, het ek gevoel soos Andy Dufrense, die hoofkarakter in die fliek The Shawshank Redemption. “I had crawled through a river of shit and came out clean on the other side…”

Ek het glad nie geweet wat om te verwag nie. Ek het natuurlik al gehoor van RKO. Dis mos daai dude van Isidingo en fokken Arende…en nog ‘n kakhuisvol ander Afrikaanse shit man! Wat is die ou se naam tog!?…”

Die ou se naam is Ian Roberts, en ja, dis fair om te se dat hy ‘n legend is. Saam met die res van sy band, en in sy eie reg ‘n legend, Rian Malan, het hulle gegaan en ‘n vreeslike entertaining mythology gaan skep oor RKO.

Malan vertolk die rol van Rooi Jan, “n half engelse/half afrikaanse vent wat homself gaan “vind” in die Karoo. Sy paaie kruis dan met die Radio Kalahari Orkes, en die storie loop deur 10 songs, 7 musiek videos en die Slangfontein film self, wat in twee episodes opgedeel is.

Episode 1 is Rooi Jan se soektog na, en ontmoeting met, die RKO. Episode 2 speel drie maande later af, waar RKO Oppikoppi toe gaan.

Die hele “journey” na Oppikoppi en hoe hulle vir Jack Parrow kry om saam met hulle op te tree, is regtig uitstekend. As jy al ooit by Oppi was, dan is dit rede genoeg om hierdie DVD te kry, maar daar is soveel meer goeie redes as net dronkgat nostalgia.

Soos die storie geeindig het en die laaste song, “Staan my by” waarin Chris Chameleon feature,  elke bietjie so majestic klink soos die scenes van die Karoo-sunset waar dit afspeel, kom die idee op dat RKO eintlik ‘n gateway drug kan wees.Dit kan fans van Boeremusiek introduce aan rap, en vice versa ook.

Die klank en beelde is van so aard dat Tannie Myrtle, die diaken-se-vrou, en Vaughn die emo-sny-myself tiener, altwee daarna sal kan kyk en luister en dit geniet, al is dit op heeltemal ander maniere.

Die Radio Kalahari Orkes sê die volgende oor hulsef: Ons is Honderd jaar agter die tyd, maar nog steed op die regte spoor. Ek stem so hard saam. As jy nie geweet het wat om vir jou misguided Afrikaanse vriende vir Kersfees te koop nie, hier het jy dit nou defnitief. Hulle gaan beter mense wees na hulle dit gekyk het en jy sou die wêreld ‘n guns gedoen het deur hulle bloot te stel aan daai rare ding – Afrikaanse musiek wat nie net nie kak is nie, maar regtig fokken goed is.

…En besides jy wil nie laat mense sien hoe jy een van daai 50-Sokkie-TeknoDans-Karaoke-Treffer DVD’s koop nie. Hulle gaan jou nie glo as jy sê “dis vir ‘n vriend” nie.

Jou reputasie en dignity sal dit nie oorleef nie. Trust my ek weet.

Hierdie post is 10 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 314,146 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
ZirkieRKO. ‘n Review. Soortvan.

Comments

  1. Evert

    Maar die meeste Afrikaanse musiek is kak, of die meeste van die goed wat op die radio gespeel word, volgens my in any case. 
    Ek het 'n hele paar Afrikaanse cd's (gekoop nogal), maar dis goed wat ek like.
    Ek het al vrede daarmee gemaak dat my smaak verskil van die meeste mense s'n en probeer dit maar vermy waar ek kan. 

  2. Dawid

    Die volgende stelling het al verskeie kere veroorsaak dat mense my wil moer…
    Die oorwegende meerderheid Afrikaners is dom..
    Die oomblik wat daai woorde uit my mond kom, is almal binne earshot ewe skielik 'n kenner op die veld. Dis amazing hoe die instant-experts hullself bevuil en opspring en Afrikaner intellek dan met alle geweld probeer verdedig. In die eerste plek mis hulle heeltemal die punt wat ek probeer maak. Die oorwegende meerderheid Engelse is ook dom. Afrikaners is nie spesiaal in daai aspek nie, maar blykbaar moet 'n mens nie Afrikaans uitsonder nie, anders bevlek jy mense se gold-plated opinions…pffft!
    Ek kan nie glo hulle het jou nie gemoer nie

  3. DRIESS

    Zirkie jys reg.Daai bubblegum techno pop Afrikaanse "musiek" is n pot kak.By jou lys van befokte afrikaanse musiek het jy  nie vir K.O.B.U.S genoem nie.Daaroor wil ek jou moer

  4. Evert

    @Driess
    Bestaan K.O.B.U.S. nog?
    Ek wag nou al so 2 jaar vir die nuwe album en hulle het ook so 2 jaar laas 'n live show gedoen?

  5. A Daft Scots Lass

    You're a great supporter of Afrikaans SA music….real bangin' of ye!!

  6. Piet Plesier

     
     
    Die oorweldigende meerderheid afrikaanse musiek IS kak. Finish en klaar

  7. Arno aka Dude

    Ek het die eerste en laaste sin gelees, dit is hand aan die riem befokte review, Bietjie baie om te lees.

  8. Krüger

    Stem 100% saam, Afrikaanse musiek is hond k@k, maar net toe ek dink hier is nou iemand met n vars en oopkop visie vir Afrikaanse musiek toe kom jy en jy sê Staan My By is goeie musiek… Tragies, werklik tragies. Ian Roberts en sy band is so onoorspronklik soos kouse vir Kersfees. Die melodie is een groot warboel gemors, behalwe vir die aap wat soos Leonard Cohan probeer klink, klink die ander soos n mans ouetehuiskoor. As daai ouens goeie musiek maak dan bedank ek my werk môre en maak musiek beter as die Beatles. Hulle musiek herinner my aan Afrikaanse poësie en prosa op skool, moer morbied en vervelig in die hoogste graad.

  9. WilleWortel

    Ararioh ska-rumba, ararioh ska-rumba,
    Ararioh ska-rumba titi joy joy ska-rumba x 2

    Daar teen die duin ska-rumba
    Daar drink ons wyn ska-rumba
    En die koppe pyn ska-rumba titi joy joy ska-rumba

    By die Hotel ska-rumba
    Kry ek my pel ska-rumba
    En hy’t ook ‘n sel ska-rumba titi joy joy ska-rumba
     
    Lekker julle tossers!! sit hierdie kak poes liedjie nou in jou kop vir die res van die fokken dag!!!!
     

  10. Dirk Diggler Diktros

    jou pa se boyfriend en ek stem saam en ek wil net se ek luister ook eerder Darren and K.O.P.O.E.S.   DDD

  11. Prof. Bokdrol

    Die oorgrote meerderheid van musiek geskryf later as omtrent 1895 is in elk geval hondkak. WilleWortel gelukkig het ek daai tos net so 'n paar keer in my lewe gehoor, en dan net die eerste reël, Goddank. Hey wag so 'n bietjie, onthou jy hierdie een? "Ruuuiiiiter van die windjie wil ek blyyyyyyyyy…." Sit nou met daai kak in jou kop vir so 'n uur of twee – revenge!!!

  12. Arno aka Dude

    neeem my op vlerke, way ahead of its time, dit sal nogal gewerk het as redbul in die 80's gelaunch het, die lappop was die eerste emo ZAR song oor n slet en self moord terwyl sy op n moerse trip was en so bietjie a dip gevang het( sy mos Marmite geeet het, dit counter die depress feeling na n naweek van acid en speed), meeste van die goed kom van baie drugs en te min drank, as jy diep in die afrikaanse kak gaan kyk sal jy n donker wereld sien wat wit geverf is om dit te verbloem maar diep in die ontleeding is daar n duistere dubbel wereld waar die smiles verdwyn in n see van kleur

  13. Karel Katskiet

    Wel, die average garden variety afrikaner is pretty stupid en gullible. Dink hulle regtig dat daai fake popsterre hulle eie musiek like? Nee, hulle smile al die pad bank toe;ry fancy karre en besit wildsplase omdat hulle hierde soetsappige nonsens verkoop aan "die volk". Die lot skuim gewoontlik om die mond as jy hulle musiek kritiseer.

    My ander favourite groepie  is natuurlik die lot wat dink hulle is hard core. Dis nou die mense wat so behep is met hulle eie "musiek" smaak dat niks anders goed genoeg is nie, never mind afrikaanse musiek.

    Hulle het gewoontlik een of meer van die volgende:

    – Hulle is gewoontlik jong afrikaanse laaities wat so desperaat is om anders te wees dat hy homself mismaak.

    – Honderde tatoos wat die gangsters in Polsmoor sal skaam maak.

    – Dra 'n jas en boots as dit 35 grade celcius is by Ramfest

    – Besit meer swart lipstick en eye liner (guy liner ) as sy ma

    – Dra daai stupid oorbelle wat jou ore oop rek.

    – Kla gewoontlik omdat hulle nie 'n job kan kry in die korporatiewe wereld nie.

    – Luister na musiek waar dit klink asof die drummer 'n double bass pedal vir krismis gekry het en die vocalist permanent klink soos 'n kat wat deur 'n vleismeul gedruk word. RAAAAAAAAAAAAAAAAH. Meeste van die keer is dit absolute gemors. Daai tunes is net so lame soos Nicholis Louw, in fact dit is baie meer lame as Nicholis Louw, want Nicholis maak actually geld.

     

  14. T

    'Ek luister nie Afrikaanse musiek nie' is bloot 'n stelling en nie 'n opinie nie.  Dit is 'n dwase stelling, nietemin- maar niemand behoort aan so 'n persoon aandag te gee nie.  Dit is jammer dat ek soms blootgestel moet word aan main-stream assholes soos Kurt Darren en Juanita du Plessis.

  15. Arno aka Dude

    die kak is ons as verbruikers skep die mark vir hulle, maklik om hul weg te kry is om te begin pirate hulle kak dat dit nie vir hulle geld maak nie.
    heel op n anderpunt weet julle wat is op die net besig om aan te gaan, die athiest is besig om die bybel koor oorals op die net pak te gee en dis fokken lekker om te kyk, volg dit op SA die mense by anonymous is hard core en ek stem saam oor hulle cause, die net is nie gemaak vir kerk nie, maar wel vir porn en freedom of speech

  16. Dirk Diggler Diktros

    My nekhare het begin rys en toe lees ek Arno die Wyse se insette.  Jy het dit alles gese my vrind.  En Prof se opmerking dat alle musiek NA die 85's kak is is vir my so n groot  DITTO  ek moes dit vergroot.  Vandag se Afreakaanse musiek is kak op sy beste, behalwe "Poesarm" en Zoid. Arme rasheimer of Jagsheimer of varwarde kak en hul volgelinge se gesnik na snot en makeup, jassies en juweliersware is n goeie debatspunt vir verpligte militere diensplig.  Soos dit was, nie is nie.  DDD

  17. Arno aka Dude

    Ta DDD, maar dis waar, as hulle een cd elk verkoop en dit word deur die massa gecopy sal hulle armer wees as n weeskind in n asian nike sweatshop en dan sal ons ook n mark skep vir meer live musiek in pubs en feeste, ek glo dat sal als ook meer verskeidenheid bied, die bands kan dan hulle cds self sny in hulle garages wat in n sound studio omskep is, so sal die mense hulle by die shows support. sny die middel groot manne uit, hulle roof mens, n cd kos hulle nie meer as R60 nie, maar hulle wil hoog vlieg so nou moet ons betaal.

  18. Smee

    Moet dit nie koop nie, moenie dit copy nie en moenie dit luister dit nie. Ek praat nou van die ware kak soos Kurt Darren en kie…

  19. Arno aka Dude

    smee jy sal enige iets luister om in n girl of ou se panty te kom, so daar is n flaw in jou logic

  20. Dirk Diggler Diktros

    ek wou iets betekenisvol se, maar onthou toie ek moet n sixpack marmite gaan kry – of werk bovril Arno?

  21. Allan Boesak

    Jissus ek kots sommer as iemand die naam RAY dylan se  ! fokkit !

Gooi Comment