Mein Lieben fokken jirretjie (in kak Duitse aksent), es ist Zeit zum Feiern am Strand!!!
Rammstein se eerste single Mein Land van hulle retrospective album, "Made in Germany 1995-2011" word vandag in die oorwegend Duitssprekende land soos Duitsland (fokken obviously), Oostenryk en Switzerland release.
Maandag is die outjie beskikbaar in die res van die wêreled. Die single word release as 'n 4 track digipak en sal ook op 'n 7" vinyl wees met twee tracks. Dis nou vir die ouballie gryskop metalheads wat nou nog na gramafoonplate luister. (Ons weet jy steek daai Cora Marie plate ook iewers weg, jou huigelaar!).
Behalwe vir die Mein Land track is daar ook 'n ander tune wat nog nie voorheen release is nie: Vergiss Uns Nicht. (wat ek vermoed, tranlate na "Jirre pappa, moet my nie by die dieretuin vergeet nie" of iets dergeliks)
Julle kan solank oorskiet na http://www.rammstein.de/en/ om Mein Land se nuwe music video te gaan uitcheck. Die video is presies 10 sekondes gelede live gemaak. Lekker Beach Boys vibes. Dis fokken mal. Soos Duitsers maar is.
As julle soet is sal ons miskien 'n Rammstein DVD of CD weggee op 'n stadium. Die full-on album album behoort teen 5 Desember in shops in SA beskikbaar te wees, maar ons sal julle laat weet. Gaan eet solank jou groente en was agter jou ore.
O ja, en as jy 'n befokte stuk oor Rammstein wil lees, skiet oor na http://www.pressto.co.za toe. Dis 'n nuwe site wat ons spesiaal opgestel het vir entertainment, seker al so twee weke terug. Dit het meer van 'n local focus, maar ons gooi julle met international nuus en goeters ook.
Vir julle wat deur die kak is en nie daarvan weet nie nie – griff het 'n interview met Rammstein gedoen toe hulle in SA was. As jy dit gemis het, kan jy dit hier lees.
Ons los julle met so paar wyse woorde van Rammstein:
"Do your own thing, and overdo it!"
Dit begin alles mooi onskuldig met 'n party op die strand en verander dan in een moerse fokken orgie, true Rammstein style. Kyk uit vir die tiete, maats. Hulle is nie afstootlik nie.
Watkykjy staan op 3,118,586 post views in totaal sedert 1 November, 2019.