Die manne van Ram Jam, dis nou Chopper Charlie en Iron Leyden, maak lekker geraas hierdie Vrydag in Langstraat. Dertig skille kry jou by die deur in.
As jy hooked on rock classics is, is hierdie die paartie wat jy by wil uitslaan. Soos masels. Expect goeters soos Deep Purple, Led Zep, Sabbath, AC/DC en selfs bietjie jong latte soos Foo Fighters en Black Keys.
Ons jol al daai songs bra. Basies enige goeie rock en fokken roll wat die petrol deur jou are laat bruis en jou hart laat galop asof dit 'n 16V met 'n racing carb of drie ophet.
Wroem-wroem, pappa.
Wroem-wroem.
Hierdie post is 99 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.
Watkykjy staan op 3,197,145 post views in totaal sedert 1 November, 2019.










