As dit kom by holidays, het ek gehoor dat Halloween die anti-Xmas is.
Kersfees gaan oor geskenke gee en lief wees vir jou naaste, en versierings en leftovers, familie en vriende en wyn en varkvleis en Jesus en stuff.
Maar Halloween gaan oor…wat?
Fokol.
Sweeties miskien? Of dodgy costumes wat jou 'n verskoning gee om 'n anonieme drol te wees?
Die oorspronklike “Old Hallows Eve” was een of ander pagan fertility ritual wat ek nie nou die tyd of lus het om te gaan wikipedia nie, maar ek weet uit eie ervaring uit dat Halloween™, soos ons dit vandag ken, nie naastenby 'n rol gespeel het in my kinderdae nie… soos die geskiedenisboeke nou sê, het die khaki-kak weggeval, die reenboog-kak het ingekom, en nou is die hele werêld een groot kak village, wat kommersiële vakansies deel soos herpes gedeel word by 'n kerkkamp. Dus is Halloween deesdae omtrent 'n official holiday, al is dit eintlik officially fokol hier by ons nie.
Om die minste te sê, dink ek nie veel van halloween nie. Dis 'n geldmaakstorie wat deur makeup-companies uitgedink is om zak te maak uit onoorspronklike tienerseuns wat as “the crow” wil gaan en dan 'n jaar se voorraad eyeliner en swart nail polish koop vir hulle costume.
Nuusflits! Daar is elke jaar TEN MINSTE 17 Crows by enige halloween party!Ons weet dis cool en jy dink jy lyk mean en dat Bruce Lee se seun dood is toe hulle die fliek gemaak het, maar jirre, kom oor dit.
…Ek is ook natuurlik glad nie bitter dat dit met my gebeur het in 1998 en weer in 2002 nie.
Maar waar was ek nou weer…
…So eerstens was die hele storie se naam die Converse Halloween Block Party, and boy, did it do what it said on the box! Converse SA het die aand gesponsor, en wat dit behels het was dat hulle basies die hele Newtown in Joburg gekoop het vir die aand, en vir 'n paar duisend lucky mense die dodgy hart van Braamfontein verander in 'n halloween playground wat Satan homself sou laat gaan het: “jirre!”
…Of ten miste, dis wat ek dink hy sou gesê het as hy die Sodom gesien het waarin Vrydagaand eventually verander het. Vir dié van julle wat nie weet nie, Newtown is 'n gekonsentreerde kuier-poskode in die hart van Johannesburg. Gewoonlik het jy die keuse van een van 'n hele hoop kuierplekke in close proximity, maar vir halloween die jaar was als net een groot smoke-filled-fall-down-drunk partykie paradys.
En in die middel van als moet daar net eers gepraat word van die Converse Party Truck, wat ook toevallig daardie aand in die middel van als was.
Die idee is eenvoudig soos Homeschool Wiskunde.
Die ouens wat die tekkies maak het besluit om 'n befok-trok te maak, en die befok-trok fok nou deur Suid-Afrika.
Daar waar hy stop, daar partykie mense.
Die trok het afgeskop die 21ste Oktober by tuksFM, en is tans oppad KZN toe en dan in en om die Kaap in desember.
Jy kan hulle befok trok schedule hier gaan beloer.
http://www.facebook.com/ConverseSA?sk=info
Vir enige watkykertjies wat bly in 'n plek waardeur die trok gaan stoom, doen julleself 'n guns en gaan tsek dit uit. Daar is menige mense met stukkende lewers wat kan getuig hoe befok die parties is wat Converse en hulle trok kan gooi.
En Halloween laas vrydag was inderdaad 'n befokte partykie. Te befok. Ons het omtrent 9uur daar aangekom, en die plek het al klaar gewemel met spoke, slette, monsters, superheroes, bokse, dose en allerlei mal kak waardeur mense hulle innerlike S&M-mistress uitlaat.
Blink Stefanus self het sy kop en helmet afgehaal vir die aand en 'n PC komputer screen op sy skouers gedra. Halloween was Blink Stefanus se Bob Dylan-oomblik, die een toe hy “electric” gegaan het. Dit was redelik obvious dat BS dit weer te ver gevat het, want hy't naderhand begin dink hy IS 'n masjien (alhoewel hy 'n alien is, so 'n masjien is nie veel van 'n stretch nie).
Hy het byvoorbeeld in binary code begin praat:
“hey BS, soek jy 'n drink?”
“….1011110001011110”
“ok, Dry of Gold?”
“1011100001…!!!!”
Ek het hom iewers verloor in die crowd, en eers weer 3uur daardie aand gekry, besig om 'n ATM te probeer opchat.
…En o ja, die chappies. Of at least die Airwaves-Super-Godt-minty-mint-kougom wat hulle verniet weggegee het by die boksvol. Dit was 'n baie goeie ding vir die tripkoppies wat hulle tande kners op MDMA, maar ek het ten minste vier keer my gat suur gelag vir mense, wat so hard trip dat hulle oogkaste rattle, wat een van die kougomme eet en dan eers te laat agter kom hoe onmenslik sterk dit is. Daai cartoon-stoom wat uit die kat se ore kom as Jerry vir Tom 'n chillie voer? Dis daai presiese ding wat ek ek gesien het.
…En dis mos die eenvoudige dinge in die lewe wat my gelukkig maak, of hoe?
Soos toe wat gelyk het soos 'n klein laaitie met 'n moerse oversized army hemp en 'n flat cap opstap na Griff toe en hom solidly in die maag kont.
Hy trek nog so terug en toe hoor jy net 'n soet stem spoeg: “nooit, moenie my terugpoes nie!”
Die stem het behoort aan niemand anders as Yo-landi Vi$$er nie.
Sy en Ninja was daar, maar incognito.
Shame, arme famous mense. Halloween is seker die enigste aand van die jaar wat hulle kan uitgaan en nie na gestaar word nie.
…Ek het opgegaan na Yolandi, myself voorgestel en gevra of sy my ook in die maag sal bliksem, maar ongelukkig is ek nog nie so cool nie….eendag, sê ek vir jou! Eendag!
Na dit het die aand effens hazy geword…
Seker omdat ek poesdronk geraak het, maar wie gee nou eintlik om oor details.Ek weet eerlikwaar nie, maar ek dink ek het meeste van die acts gesien wat gespeel het, of maybe het ek net heeltyd by die bar gestaan en jagermeisters drink. Soos ek sê, ek is nie seker nie.
Maar my Party radar het blykbaar my voete betyds op high alert gesit, want ek het myself heel voor aan die stage gevind toe Bittereinder gespeel het.Nog een van daai dinge wat my happy maak.
Ewe skielik was ek terug by oppikoppi, en 'n gewillige rat in die Dink-Dans-Masjien.Ek is seker biased, maar Bittereinder is soos seks op toast wat ek elke oggend wil hê as ek opstaan. Aan Jaco, Peach en Louis – of Jakkals, Perske en Leeuw – dankie dat julle bestaan, en ek kan blokfluit en lepel en tamboeryn speel, so as daar ooit 'n gap oopgaan in die band, is ek julle man.
…Maar na Bittereinder was dit die einde, pardon the pun.Daar is vir my gesê dat ek nog tot vieruur toe gestaan het by die Converse VIP Area en met 'n tentpaal ge-flirt het, maar ek onthou nie so goed nie…
Ek het die volgende dag wakker geword in 'n studentehuis in Pretoria, sonder enige idee hoe ek daar gekom het, met 'n sak vol chappies, 'n kakgroot babelas en 'n briefie van Blink stefanus op my voorkop geskryf:
“11010111100001111!!!!!!*#@##!!!!”
…en hy was reg. Volgende jaar gaan ons poeshard trick-or-treat!
Watkykjy staan op 3,056,186 post views in totaal sedert 1 November, 2019.