Daar's 'n moerse goeie rede hoekom Facebook so design is dat jy eers mense moet invite om jou gabba te wees en
hulle moet tune dis cool, voor julle op mekaar se walls kan skryf, foto's kyk, comments maak ens. En vir die wat
nie geweet het nie: Nie almal wat jy al ontmoet het deur die verloop van jou lewe moet jou tjommie wees net omdat;
jy Facebook het, hulle Facebook het, en omdat Facebook jou tune "Someone You May Know" nie. Want daai "Someone" het
dalk 'n mol in die hol, gietergat, swambal of kalenderkoors, en voel dis noodsaaklik om jou terug op die straight &
narrow te kry deur kak comments en guilt trips te drop oral oor jou happy Vrydag vibes.
# 1. Jy maak 'n mooi akroniem met jou planne vir die naweek, wat onder andere insluit om fles te vat saam met jou
brasse, niks fout daarmee nie.
# 2. Jou brasse, ook evidently slapgatte by die graft op Vrydae, tjek jou status uit en acknowledge dat hulle smaak
van saam fles vat.
# 3. Enter die maskervriend, (gewoonlik een van daai Tinkerbell teens wat poes baie vriende het, want dit laat
haar dik punte score by Snor city se Jersey Shore binnekringe) en vertel jou jy's 'n sad, sad fokker.
# 4. Jy's moerse omkant gevang, het jy iemand se ma gevloek? Hoekom word jy nou kak vertel op jou eie status??
# 5.Nou vertel sy jou dat jy, ten spyte van wat jy dink, eintlik nie 'n clue het waaroor die lewe gaan nie, jy
struikel net doelloos voort deur die lewe.. Nice.
# 6. Jou ginger tjommie kom try bietjie comic relief gooi, hy skiem ook dis tos dat jy so kak vertel word voor al
jou maats, Jy kry backflashes van daai een verjaarsdag toe jou ma jou gebliksem het voor almal na jy in die swembad
gepiepie het, selfde gevoel van onregverdige vernedering en pyn.
# 7. Maskervriend strike nog 'n blow deur jou 'n suiplap te noem.
# 8. Jy raak nou gatvol vir die chick se kak, tune haar sy gaan alleen peg, dis cruel, maar fok haar!
# 9. Nou gooi sy 'n lyn wat ek seker is sy op 7de Laan gecheck het, " Jy is lower class kommen slangkak en ek's
beter as jy." (- Madel Terblanche)
# 10. Jy confirm wat ons almal suspect het aan die begin van die fight. (Tum-tum-tum) "FINISH HER!"
Watkykjy staan op 3,116,898 post views in totaal sedert 1 November, 2019.