Julle moes dit al agtergekom het – November is 'n fokken nowhere maand. Mens sit en wag vir krimsis en fuckansie, jou werk hoop ook op en almal rondom jou is gatvol want dis net-net nie die einde van die jaar nie. Almal sit en fokken groei snorre soos hulle wag daarvoor.
Daar is gelukkig so paar dinge wat jy at least hierdie week kan uitcheck in-en-om Pretoria en ons beveel al drie baie sterk aan om die monotomy van hierdie faktap Snormaand te breek.
1) Die Flying Dutchem by Steak & Ale (Woensdag 16 November) – sien onder
2) Springbok Nude Girls saam met goei tjommies van Watkykjy – Feed The Wolf (Donderdag 17 Novebmer by Firkin) – sien onder
3) Park Acoustics by die Voëltrekker Monument (Sondag 20 November) – volg die link (free tickets ook up for grabs)
Op 16 November 2011 is Die Flying Dutchmen te sien by die Steak and Ale Kroegrestaurant vir ‘n jaareindfunksie met ‘n verskil.
As die Dutchmen se laaste plaaslike vertoning vir die jaar, het hulle dit nodig geag om ‘n paar ekstra gaste in te span om te verseker dat dit ‘n lagfees van formaat gaan wees.
Conrad Koch is ongetwyfeld een van Suid-Afrika se voorste komedie talente en vermaak al vir die afgelope vyftien jaar gehore op eie bodem en oorsee tot groot applous met sy skreeusnaakse kombinasie van komedie en wêreldklas buikspraak. Hy slaan keer op keer die humorspyker op die kop met die hulp van sy vennote, Chester Missing (bekend vir sy verskynings op e-tv se Late Night news with Loyiso Gola), die baldadige monstertjie Ronnie en die volstruis met fokus – Hilary.
Die tweede gas, Vittorio Leonardi slaag daarin om gehore met ander oë na dinge te laat kyk – terwyl hulle skaterlag. Hy’s aweregs, ‘n bietjie vreemd en in gestalte en talent ‘n ware reus van die Suid-Afrikaanse lagbedryf. Dis wat gebeur as jy ‘n Italianer is wat in Welkom groot geword het.
Lagliefhebbers kan ook uitsien na die skreeusnaakse manewales van Monique Nortje en die opwindende nuweling Schalk Bezuidenhout.
So kom lag saam op 16 November 2011 om 20:30. Hierdie is een jaareindfunksie waar jy jou nie hoef te bekommer oor onbetaamlike gedrag of wat jou baas gaan dink nie. Tensy jy hom saamnooi.
Kaartjies kos R 60,00 per persoon en besprekings word sterk aanbeveel.
Feed The Wolf jol hulle heel eerste gig saam met Springbok Nude Girls (ja hulle bestaan nog) en Mrs B hierdie Donderdag, 17 November by Firkin in Centurion. Ons wil julle nie nou al te veel van Feed The Wolf vertel nie. Daar sal so paar suprizes wees later in die jaar of vroeg volgende jaar. Kom check hulle net uit solank. As jy goeie rock like, sal jy hulle like.
Hier is die Facebook event as jy die details wil uitcheck. Julle kan ook hierdie nuwe 5 piece rockband van Pretoria op Twitter volg.
Watkykjy staan op 3,084,025 post views in totaal sedert 1 November, 2019.