Aangesien die plek so klein is dat jy jou buurman oppie job kan hoor het ek sommer geloop en die fotos gaan neem. Hoop julle kan dit gebruik. Ek's redelik trots dat die one horse town dit darem na Watkykjy toe gemaak het.
Ek moet seker agtergrond gee op die pics.
Raait om dit op te som: Ons Ierse muurkrapper hou van oor die kleurgrens loer. Dit het die Hyena tannies en die Broederbond van die dorp vreeslik omgekrap aangesien dit heeltemal teen hulle morele waardes is. So het hulle al meer kak gesoek en stories opgemaak teen die arme man (jaloers omdat hy so baie eiendom het?).
Okei alles het toe opgekrop tot die cops een aand braf, aaptwak en tuisgemaakte porn gaan soek het en fokol gekry het nie. Toe tref die kak die fen en hy begin by sy eie huis om komments tussen die lyne te los. Die mislikepalityt het hom hof toe gesleep maar hulle kon hom fokol doen nie want daar is nie so 'n wet of munisipale verordening nie.
Van toe af entertain onse rooinek die Hyena tannies (oe-hoe! soos hyenas) met sy skrif anie muur. Eintlik druk hy vir die tannies en die mislikepalityt 'n moerse pit.
Dis dit in n neutedop
Dries
Watkykjy staan op 3,091,016 post views in totaal sedert 1 November, 2019.