Ons het verlede naweek deurgeskiet Kaap toe vir Rocking The Daisies, komplimente van Red Stag. Hier is so effense recollection van wat gebeur het in so paar woorde (Zirkie), foto's (Vent Venter & Red Stag) en 'n video (Zirkie).
griff sal miskien ook sy experience deel, maar hy is nogsteeds kwaad vir Chopper wat R2000 uit sy beursie gegryp het en in die toilet afgespoel het en Chopper is weer op sy beurt kwaad vir "iemand" wat by sy kar ingebreek het en alles gesteel het wat hy en sy goose besit.
Dis laas woensdag middag, en ek sit by die huis en eet 'n bak cornflakes voor die TV terwyl Ek besig is om te besluit of ek moet Ultimate Survival kyk of weer moet gaan draadtrek…
hmmm…. Moelike keuse. Bear Grylls of Kom?
Terwyl ek sit en wik en weeg, kom die oproep van BS af… Nou BS staan nie vir bullshit in die geval nie, maar vir Blink Stefanus, 'n man wat ek een keer gaan sien het oor 'n hond, en toe vreemde vriende mee geword het. Ek se vreemd, want dis presies wat BS is…fokken vreemd. Hy is Muhammad Ali, Chuck Norris en Vernon Koekemoer distilled, maar dit doen hom eintlik 'n onreg aan om daai name te gebruik… BS is soos VLC, hy kan alles speel… BS was die enigste straight ou in Brokeback Mountain gewees, maar hy is ook die enigste gay Terminator…
Ek kan volumes skryf oor die vent, maar vir nou is dit genoeg om te se dat hy net gewag het vir die steke in my kop om gesond te word, voor hy my weer wou saamsleep op 'n fokken mal mission. En wie is ek nou om nee te se toe die oproep deurkom en hy my vra “RTD?!!!!!$#!?” …natuurlik sou ek ja se…Blink stefanus is beter as Bear Grylls EN Kom! Inelkgeval, My entoesiasme was getemper deur die feit dat ek nie eintlik baie gedink het van “die mense in die kaap” nie.
Nou voor die koor opspring en se “Jeesas Kraaist Boet!” moet ek se dat my denke oor kaapse mense 'n wanpersepsie was wat nou heeltemal verdwyn het, of ten miste, verdwyn het in meeste aspekte.
Jy sien; en hier gaan ek net 'n klein stelling maak; die feit is dat ek nie dink ek sou myself nastenby soveel geniet het as dit nie was vir die mense saam met wie ek was nie.
Dit klink miskien fokken obvious, maar laat ek net nog so klein bietjie elaborate.
Ek het alleen van Joburg afgetos Kaap toe. Die plan was om met BS bymekaar te kom by RTD en die plek op horings geneem. So gese, so gedaan. Maar 'n baie goeie friend van my, ons noem hom net die Commander, het omtrent so jaar terug kaap toe getrek vir die groener weivelde daar te vinde. So toe figure ek natuurlik dis hoog tyd dat ons weer bymekaarkom en kuier soos in die salad days.
Die Commander het my kom optel by die lughawe donderdag middag, en ons twee sou die volgende dag deur ry Daisies toe, dan altwee vir BS daar kry. Die twee het mekaar nie geken nie, so dit was obviously 'n gulde geleentheid om ons powers te laat combine en Captain Planet-Poeshard-Pahty te form! …Maar vir die donderdg aand was dit net ek en die Commander gewees in Kaapstad, en dis met hom waar ek terugkom na my punt toe.
Dis saam met wie jy kuier wat bepaal hoe lekker jy gaan kuier. Basies, dis wie jy ken wat saakmaak. En ek was gelukkig genoeg dat die Commander letterlik elke persoon in die provinsie nou ken.
Na net 'n jaar van daar bly..
Ek was nogals impressed gewees, maar nie so impressed soos ek was met die hoeveelheid ongoddelike hot meisies nie. Seriously. Ek trek soontoe die oomblik wat my parool op is. …en ek dink nie ek het een mens daar ontmoet wat nie 'n marketing student, 'n graphic designer, of 'n drug dealer was nie. Partykeer sommer al drie in een. Graphic designers wat hulself bemark en dan poes bly is daaroor.
So ja, dis cliquey en pretentious, but so are most things these days.
En besides, sodra 'n mens verby dit kan kom, en jy verby die haircuts sien wat net so perfectly messed up is, en die mirror-lipgloss-fairytint-instamatic-kamera-bullshit, dan is hulle ook maar net mense. Ek laat dit miskien nou effens kak klink, maar ek se dit met liefde in my hart.
Ek is ook maar net 'n fokken neon spook wat menthols rook, 'n krimineel wat sy sigarette deel, single & met 'n lewer funksie van omtrent 30%.
In my jonger dae het ek leer drink. In Bloemfontein. Of miskien moet ek se ek het leer drink, kots, en dan weer verder drink, in Bloemfontein
As jy al ooit in Bloem was dan sal jy weet dat die mense daar drink so hard dat jy gereeld toegesluit word op 'n vrydag aan vir poging tot selfmoord.
Vir die eenvoudige rede dat daar niks anders is om te doen nie. …en snaaks genoeg, het ek in hierdie Kaapenaars 'n klein stukkie van my Bloem heritage gesien.
The will to get as fucked as possible, as cheaply and efficiently as possible.
So donderdag aand was 'n groot jol, so groot in fact dat ons eers na vier uur uit die kaap uit gery het. Pffft, lekker vir “Ja, ons gaan sommer agtuur more oggend gaan en 'n kief camping spot kry!”
Ons kon mos gedink het…
Maar toe ons uiteindelik by Cloof Estate inry, was alle sprake van 'n babelas vergete. Die plek is besonder mooi vir een. Dis 'n baie minder “hazardous” environment as bv. Oppikoppi vir 'n ander. Hierdie gemak en prag was vir my eintlik voor die tyd kommerwekkend gewees. Mense kuier vir die dood by Oppi, en ek sal eerlik wees as ek se ek het gedink Rocking the Daisies gaan meer “lightweight” wees. Jirre, ek kon nie meer verkeerd gewees het nie.
Ons tente was nog nie behoorlik opgeslaan nie, to roep die event area ons met die gedreun van ver weg bass en 'n kickdrum wat weergalm deur die hele terein.
Die terein self was opgesplit in parking, camping en die events areas. Alles mooi afgebaken en maklik om te volg soos die skape wat ons almal maar eventually is as dit kom by major commercial festivals…
Baaaaaahhhhh! Drank!
Baaaaaaaah!! Drugs!
Baaaaaaaaa!!!!! Live Music!
Baaaaaahhhhhhh!!!!!! Die kans vir seks met “n random vreemdeling in 'n tent!
…Maar nou klink ek sinies, en dis moeilik om so te wees met die hoeveelheid befokte musiek wat daar te vinde was. Dis ironies nogal moeilik om oor 'n 'musiek' festival se musiek te skryf, want dit is fisies onmoontlik om alles te sien. Jy maak maar planne voor die tyd, wie om te sien en wie om 'm skip te gee, educated guesses wat jy baseer op wat jy al gehoor het op die radio,TV, Interwebs, etc, en natuurlik past experience van bands wat jy al gesien het. Vir my was daar soveel meer hits as misses, en die beste kompliment wat ek die musiek aspek van Rocking the Daisies kan gee is dat daar werklik nie een regtig KAK band of DJ was nie. In die hele drie dae was daar nie eenkeer wat ek gegaan het “jirre! Hierdie is tos, kom ons fokof.” nie.Maar mens moet seker meek spesifiek wees, so kom ons probeer:
in geen kronologiese volgorde nie
Natuurlik moet ek eerste praat oor Lark. Die beste band van die fest, in die land, en in die geskiedenis van musiek. Ek's jammer. Ek is biased as dit kom by Lark, maar hulle is meeste van die tyd die enigste band waarin jy Inge Beckman kan sien, en Inge Beckman is God. Nee ernstig nou. Hierdie vrou het 'n bonatuurlike talent en is so fokken ferocious op stage dat ek letterlik myself wil sny elke oomblik wat ek nie na haar kan luister nie….Inge, as jy moontlik hierdie lees, dan wil ek myself nou aan jou voorstel as die ou vir wie jy jou boyfriend gaan los. Aangename kennis…
..ag jirre, a man can dream, can't he?
Anyways, Lark het eers half een saterdag aand gespeel, en daar was kakbaie awesome musiek voor dit gewees. The Arrows, die eerste band van die dag by die mainstage, het my gehad vir 2 songs. Maar toe was dit tyd vir bier, en baie van dit. 2 chicks op stage, 2 songs geluister. Ek weet nie regtig wat om te maak van hierdie simetrie nie, maar hulle het baie capable gelyk in die 2 songs wat ek gesien het. Die res van die aand was ons tussen die Carling Tent, by die mainstage waar ons Foto Na Dans en Jack Parrow gekyk het (altwee nogals befok) en by die Red Stag tent, wat by die Nu World Beat Ring Stage was
…laat ek net se dat ek drink nie eintlik bourbon nie, maar o god ek het gesuip geraak op Red Stag. Die mense agter dit weet obviously hoe om die regte meisies te hire om promotion werk te doen. Nie net was hulle mooi nie, hulle was actually vriendelik ook. So vriendelik dat ek poes baie shots gedrink het en 'n klomp musiek, insluitend Gazelle gemis het…
So Fok julle vriendelike Red Stag Meisies.
…In my dronkenskap het ek egter by die Beat stage afgekom toe 'n band met die naam Tucan Tucan gespeel het. Nog nooit van hierdie ouens gehoor nie, maar hulle het my laat dans soos 'n goedkoop spirits hoer! Sal definitief uitkyk vir hulle in die toekoms! Die enigste ander significant music (wat ek gesien het) van vrydag was natuurlik Haezer, wat eintlik eers half drie saterdag oggend in die RedBull Tent gespeel het.
Nou dis moeilik om objektief te wees oor Haezer, veral om dat ek teen daardie tyd besig was om 'n hele versameling vokale en klinkers te verteer.
A. E. MDMA. DMT. MXE…die lys gaan aan.
So terwyl jy dit in gedagte hou, sal ek vir jou se dat die ElectroTent die die warm hart van die enigste ware god was toe Haezer gespeel het.
Hy het vir my 'n nuwe poephol oopgeruk, en my finaal genees van die “ek dans nie” siekte. Of te wel, ek dans nog steeds nie as ek nugter is nie, maar die oomblik wat ek nou Haezer hoor will ek onmiddelik gaan gatskud op die dansvloer soos die cheap electroslet waarin hy my verander het.
Maar afgesien van die bobwobwobwobwobwob musiek, was daar ook so baie befokte acts saterdag. Ek het laat opgestaan en my broosheid genees met ontbyt on Kreef Hotel (julle breakfasts red lewens!) …en 'n bietjie gaan swem om af te koel. Dit word al vroegdag kakwarm by Rocking the Daisies, so die swem was welkom. Ek het betyds by die mainstage aangekom toe Peachy Keen besig was met hulle set. Weereens twee songs gekyk en ge-bail biertent toe. Nie omdat hulle kak was nie, mind you, maar net omdat ek 'n vet babbelas gehad het wat onmiddelik nog mango-brutal-fruit-slush-puppy moes gekry het om homself te bedaar.
Ek het vir Iscreamtix & the chocolate Stix geluister en gekyk uit die Carling tent uit, en het hulle geniet ten spyte van myself. Hulle is vir my 'n bietjie te calculating, in die sin dat dit voel asof hulle musiek deur 'n fokken focus group aanmekaar gesit is om so utterly appealing te wees aan die grootste moontlike mark. Ja, ek dink dis 'n goeie manier om hulle te beskryf…. Mainstream, maar tog appealing. Blykbaar het ek te vinnig brutal-fruit-slushies gehad, te veel brutal fruit slushies gehad, want ek het heeltemal vir Jeremy Loops gemis wat op die mainstage gespeel het. Hy was blykbaar befok, het die Commander vir my later gese toe ek hom eventually opgespoor het saterdag aand.
Ek het hom die vorige oggend in die electrotent verloor toe Haezer gespeel het…ook maar net omdat ek 'n chick wou vry en besluit het hoe's before bro's. Ek's 'n kont, ek weet. En aan die chick wat ek toe wel in die electro tent gevry het terwyl Haezer gespeel het,
jou lip-ice is nog in my backpack. Ek sal dit vir jou teruggee wanneer ek jou weer sien. …By the way, wie is jy en wat is jou naam en bestaan jy rerig? …want dit sal nogals cool wees om te weet!
…Anyways, Later daai aand was Tumi & The Volume te goed vir 'n crowd wat te kak was. Hy is razor sharp, en ek kry elke keer hoop vir musiek in SA as ek hulle live sien. Fokken uitstekend.Toe was dit 'n mad dash Beat tent toe vir die amazing Guy Buttery, 'n man wat se naam eintlik 'n onomatopoeia moet wees. As jy nie weet wat 'n onomatopoeia is nie, gaan soek dit op en gebruik dit in 'n sin. Onthou, 'n groot woordeskat is poes sexy! En weet jy wat is nog poes sexy? Elke baardhaar wat A-King collectively deel. Ek is nou al moeg vir hulle so goed is hulle. Maar so sexy soos wat A-King was, kon hulle nie droom om naby die 1000% full-roasted SEX van Civil Twilight te kom nie.
Goeie. Jirre….
Hulle was exhaustingly briljant, hulle frontman soos 'n kruis tussen Matt Belamy van Muse en Chris Chameleon, Hulle guitarist en drummer altwee mad-fucking-scientists, uit op 'n mission om die grootste, apocalytically huge sound uit hulle instrumente te laat sidder wat menslik moontlik is. Despite technical difficulties was hulle beslis die mees incredible band by Rocking the Daisies. Behalwe Lark en Haezer, maar ek het nou al genoeg oor hulle gese…
Prime Circle het ook sometime saterdag gespeel.
…Die headlining act was Band of Skulls van die UK af. Dit was apparently die cool ding om die band te ken en aapkak mal oor hulle te gaan, maar ek het honestly nog nooit van hulle gehoor voor RTD nie. Hulle was…ok? Effens meh! Eintlik.
Kom ons stel dit so: hulle het dit nie reggekry om my uit die biertent uit te kry nie…maar dis miskien 'n bietjie van 'n unfair comparison, want 'n volledige french foreign legion battalion met WMD's en anthrax en bulldozers sou gesukkel het om my uit die biertent uit te gekry het.
Om 'n lang storie kort te maak, het ek eenvoudig net saterdag aand nie gaan slaap nie en regdeur wakker gebly om die rugby te kyk. Ek moes maar eerder gaan slaap het, maar fok daardie liefdie, die currie cup kom weer en al daai tos. Ons was by Rocking the Daisies, en ons was daar vir die Sex, die Drugs, en die Rock&Roll, nie vir fokken rugby nie. Fok rugby. En fok Bryce Lawrence ook.
So sondag was toe die einde, in meer manier as een. My land is uit die World Cup, my interne organe was kwaad vir my, ek het so bietjie bloed in my pis gesien en ek was 36ure sonder slaap, so jy sal my vegewe dat ek nie so baie op die musiek gekonsentreer het nie.Jon Savage & the Nomads was oulik, maar so klein bietjie van 'n (self-erkende) wank gewees Shadowclub was ook goed, en dis die eerste keer wat ek hulle gesien het, maar vir fuck's sake, 'n band met die naam SHADOW-club, wat in eyeliner speel en klink soos rockabilly werk net nie 12 uur die middag op die laaste dag van die fest nie.The Graeme Watkins Project het hulle bes gedoen om my te laat smile, and dit bitter amper reg gekry, maar eventually was my lyding net te erg, my geween en gekners van tande harder as wat die musiek kon wees. Ek moet dit vir hulle gee though, TGWP het als gegee op daardie blistering sondag middag, so hats off! Die laaste band was Art 'how do the words go again?' Matthews en sy Jinger Dudes. Hulle was …nie kak nie? Dit was omtrent die enigste opinie wat ek kon muster op daardie stadium.
En dis daar, op die sondag middag wat Rocking the Daisies klaargemaak het, waar ek completely en utterly spent was, dat ek finaal in BS vasgeloop het. Deur hierdie hele lang fokken opstel het ek nog niks rerig oor hom gese en hoe ons saam gekuier het nie. …Omdat ons nie het nie.
Ek kon die doos nie een fokken keer kry die hele naweek nie. Poes baie stickers van hom die heeltyd gesien, maar die skepsel self, nie met 'n oog nie.
Hy het opgestap na my toe, die visor op sy helmet opgelig, 'n mondvol stof en gras uitgespoeg en eenvoudig gese “!!”
…Al wat ek kon doen was om saam te stem, volwetend in die gedagte dat ons volgende jaar weer sal probeer. So baie wat ons gesien het en nie gesien het nie, soveel mense wat ons ontmoet het en oomblikke wat ge-ets is op die brein…soveel befokgeid. It all boils down to one question really…
“Sal ek weer Rocking the Daisies toe gaan volgende jaar?”
…Vir Fokken Seker!
DZ
Watkykjy staan op 3,101,778 post views in totaal sedert 1 November, 2019.