Aweh Griffter,
So dis nou al Oktober, tyd vir al die trendsetters om hulle mullets te straighten – sodat hy lekkerder flick – asook die tyd vir kaalvoet hippies om met Pick&Pay-voete te gaan slaap, of met die nuutste Gladiator sandale te pronk. Blaksem.
Nou soos almal vertel, is dit die tyd vir al die mooiste reukies en klankies van die natuur om die lug te vul en in ons neus-en-oorholtes te gaan lê. Want dit is mos mooi, en dit is wat ons wil hê. Maar hier in Roodepoort is dit 'n ander storie. Ons wil ons gras groen hê, en ons wil ons tuine natter as 'n girl op 'n uitstappie in Rod Stewart se wardrobe hê. Ons wil hê die bure moet goed van ons dink wanneer hulle verby ons ry sonder om te groet. Ons wil hê die jaard moet mooi lyk.
Maar wat ons nie in berekening bring nie, is die reuk. Die reuk van die kak wat oor die gras gehark word sodat dit groen moet word. Die kak waarvoor jy deur jou hol betaal, want 'n bietjie is nie genoeg nie. Nee, ons moet die hele grasperk bekak.
Hier word ons wakker met die reuk van kak wat die lug vul. My kamer ruik soos kak. My studeerkamer ruik soos kak. My kombuis ruik soos kak. Ja, selfs die fokkin badkamer ruik soos kak. As ek 'n kak vat, ruik ek nie eers my eie kak nie, nee. My kos proe al soos kak. Daar is nie genoeg potpourri in die wesrand om van die reuke ontslae te raak nie. Dit is 'n uiters poef manier om die lente te moet begin.
Corrie oppie Kickdrum
Watkykjy staan op 3,056,587 post views in totaal sedert 1 November, 2019.