Die Dalai Lama het dit toe uiteindelik tot in SA gemaak vir Booskop Tutu se jaarsdagtyjie. Volgens betroubare bronne het die Dalai Lama, ook bekend as Tenzing Gyatso in Zimbabwe geland laat gisteraand op ‘n Virgin vlug. Hy het daarna kaalvoet deur die Kruger Wildtuin geloop en effens verdwaal. ‘n Resnosterstroper het die Dalai Lama probeer aanval. Die AK47 se skote het egter nie afgegaan nie waarna die stroper gepoog het om die Dalai Lama met ‘n renosterhoring aan te val.
Die Dalai Lama wat alombekend is as ‘n saggeaarde en vreedsame mens het die aanval egter afgeweer en die horing by die stroper afgerokkel. Hy het die renosterhoring square in die renosterstroper se poefkanaal opgedruk.
Hy het daarna vir sowat ‘n uur lank suid geloop waarna hy in ‘n getaway kar geklim het wat deur die verdrukte minderheidsorganisasie, Afriforum vir hom gelos is. Tutu was verheug oor Afriforum se barmhartige gebaar en het laat weet dat hy “baie lief” is vir hulle en dat hulle die “wit belasting” sal vryspring wat hy teen einde Oktober wil implimenteer, mits hulle sal help om te bid vir die ANC se ondergang, aangesien wit Afrikaanse mense verskriklik baie van bid hou.
Watkykjy staan op 3,123,954 post views in totaal sedert 1 November, 2019.