Dagsê seuns en dogters,
Voor ons by daai details uitkom van die moerse kompetisie, eers 'n ander vinnige note: Stella Artois is ook gaaf genoeg om 'n moerse fancy prys exclusively op Watkykjy weg te gee vir een gelukkige etter.
Die prys se waarde is hier by die R1300 en sluit in:
2 kaste Stella Artois
'n Stella Money clip
Ses glase
Ses Coasters
'n bottel-oopmaker en 'n fancy skinkbord (wat nie beskikbaar is in winkels nie)
Al wat jy moet doen om 'n kans te staan om te wen is om 'n foto van 'n Stella Artois op 'n interesting location of agtergrond af te neem en in te stuur na griffin .a.t watkykjy dot co dot za. Die beste foto wen en jy het kans tot Donderdag 22 Sept 2011 om 12:00 om in te skryf. Ons sal die wenner se foto Vrydag die 23ste op Watkykjy sit. Soos gewoonlik, as niemand inskryf nie, hou ons die prys. Dankie vir daai moerse befokte collection Queen CDs van laaskeer se kompetisie, by the way. You shouldn't have…
En nou vir die groot een:
Het Jy Wat Dit Verg Om Die Wêreld se Volgende Draught Master te Wees?
Stella Artois is op soek na die Suid-Afrikaanse kampioen vir hul World Draught Master kompetisie. Dit is die eerste maal dat Suid-Afrika aan die World Draught Masters deelneem, en die wenner van die Suid-Afrikaanse rondte wen ‘n reis na Buenos Aires om deel te neem aan die World Draught Master Kompetisie.
Die kompetisie is oop vir enigiemand ouer as 21 (as gevolg van internasionale wetgewing) met ‘n geldige paspoort wat dink hulle kan die perfekte Stella Artois skink. Dit is egter ‘n kuns – daar moet voldoen word aan ‘n presiese skink-ritueel wat uit nege stappe bestaan. Vir ‘n demonstrasie van die nege stappe, kyk na die volgende video:
Suid-Afrikaners wat dink hulle kan die titel wen, word genooi om in te skryf by www.stellasa.co.za.
Die top 8-finaliste sal aangekondig word op die 30ste September, en dit word gevolg deur die eindronde op die 6de Oktober in Johannesburg. Die wenner neem dan deel aan die World Draught master kompetisie in Argentinië op die 26ste Oktober.
Die kompetisie sluit binnekort – so potensiele Draught Masters word aangeraai om te woeker met hul inskrywings!
Watkykjy staan op 3,101,777 post views in totaal sedert 1 November, 2019.