Vrees Fokol is ‘n vervolgverhaal van 10 hoofstukke. Die eerste 4 hoofstukke is verniet beskikbaar. Hoofstuk 5 tot 10 sal vir R7 elk verkoop word om die skrywer te vergoed vir sy skryfwerk sodat die arme drommel ook ‘n kaas-en-tamatiesous broodjie kan vreet.
Jy kan dus inclub met ses ander tjommies vir R1 elk as dit vir jou te duur is en dan vir mekaar die copies e-mail.
Alle persone in die roman se name is verander om hul identiteite te beskerm. Dit het egter ietwat kak geklink, toe word dit maar terugverander.
Julle kan die vorige hoofstukke hier dowload in PDF format:
Hoofstuk 10 – Die einde van die droom
Jackie Sieberhagen knip sy oë. Die son is besig om te sak en die skel-helderheid van die geel-oranje bol wat reg in sy gesigsveld val, laat hom kreun en omdraai.
Hy hou sy oë toe en dink aan die Suid-Afrikaanse droom. Hoe ver het hy gekom? Beelde flits voor hom – die opplak van die Vrees- en die Fokol-plakkers weerskante van die Honda-teken op die Ballade, waarin hy mettertyd sy Jackie van Onselen – sy Jackie, fok, ek mis haar, besef hy skielik – verlaat het.
Die beelde laat hom nie met rus nie. Die hartseer dronkaarde in die Stink Flamink, bereid om ‘n noot of wat uit te haal vir net ‘n bietjie liefde, al is dit skynliefde. Die bikers by die Aardklop-fees, oortuig van hul eie oorheersing van die wêreld – waar, al is die wêreld klein, dink Jackie. Die Steers op Drie Susters, die stryd met Santie die Sangoma in die veld. Bloemfontein en maskers, die N8 en ‘n ou man wat sy en sy vriende se ontblote gatte gered het. Kimberley en die doos-verkeersbeampte met die knuppel.
Nie hoe ver het ek gekom nie, dink Jackie. Hoe naby het ek gekom…
‘n Skril fluitgeluid klink in Jackie se ore soos sy gehoor terugkeer. Hy hoor stemme, harde stemme, wat baklei. Hy kyk op en sien hoe Danny op die doos met die knuppel afstorm. Die doos met die knuppel en die uniform tel hom egter gemaklik op en voer ‘n perfekte piledriver uit.
“Undertaker!” roep die verkeersbeampte.
Oscar staan nader aan die beampte. Hoewel Jackie se bewussyn en motoriese koördinasie nog geensins geheel en al terug is nie, lag hy triomfantelik. Oscar is die spiere, die een wat hulle uit hierdie benarde situasie kan red.
LEES DIE RES VAN HOOFSTUK 10 HIER
Watkykjy staan op 3,049,178 post views in totaal sedert 1 November, 2019.