Net 'n vinnge reminder – Hierdie Saterdag is Nasionale Braai Dag! Gaan like hulle official Facebook page om te check wat orals in SA gebeur. Jy kan na die France vs New Zealand game dier op vuur gooi en so paar skuimkoppe deur die nek jaag…
Liewe Vader
'n Boef breek in 'n huis in. Toe hy die CD player optel hoor hy 'n stem in die donkerte. "Jesus watch jou." Hy skrik amper sy gat af maar sien bokkerol. Hy skiem hy't seker gedroom en kyk maar verder. Hy nodge die DVD en maak reg om dit te sluk. Toe hy aan die cords raak hoor hy weer daai stem. "Jesus watch jou."
Nou's hy lekker uitgefreak. Hy skyn vervaard sy torch rond tot hy finally op 'n papegaai land. "Is dit jy?" vra hy.
"Ja," tune die papegaai. "Ek waarsku jou net."
"My waarsku? Wie de fok dink jy is jy?" vra die maaifoedie.
"Moses," tune die papegaai.
"Moses?" lag die rampokker.
"Watter deur-die-kak mense noem hulle papegaai Moses?"
Skiet die papegaai: "Dieselfde mense wat hulle Rottweiler Jesus noem!"
Watter paartie?
Na 'n paartie ry 'n couple terug huis toe. Na so rukkie se ry vra die vrou vir die man:"Honey," vra sy liefies, "Het iemand al ooit vir jou gesê hoe amazingly handsome, sexy en onweerstaanbaar jy vir vroue is?
Baie gevlei antwoord die man: "Nee, skat niemand het nie."
Kap sy vrou terug: "So wat de FOK het jou daai idee vanaand gegee?"
Gebede word beantwoord… soortvan…
'n Hippie sit voor in 'n bus langs 'n non. (Fokkit met so opening line kan dit net 'n joke wees.) Anyway, hy check die non so en vra haar of sy met hom sal seks hê. Die non kyk verbaas na hom en tune hom dis nie op die kaarte nie. Sy's heel hoflik maar klim af by die volgende stop. Die busdrywer vertel die hippie hy kan help. "Check, elke Dinsdagaand gaan daai non na die begraafplaas toe om te bid. Gaan soontoe in 'n swart mantel met 'n glow-in-the-dark masker en dan skiem sy jy is God. Dan command jy haar om met jou seks te hê en daar gaan jy."
Befok dink die hippie en sure enough is hy daar Dinsdagaand. So net voor 12 slaan die non uit en begin bid.
Die hippie spring uit en skree: "Ek is God. Ek het jou gebede gehoor en sal dit beantwoord maar jy moet met my seks hê."
Die non is verward maar stem in. Sy vra egter dat dit anal is omdat sy 'n virgin moet bly. Die hippie stem in en doen sy ding. Toe hy klaar is, ruk hy die masker af. "Hahaha, ek is die hippie van die bus," lag hy.
Net toe spring die non op en skree: "Hahaha. Jou bleddie fool. Ek is die busdrywer."
Vasbyt, min dae
'n Middeljarige vrou kry 'n hartaanval en word hospitaal toe ge-rush vir 'n opehart operasie. Sy het amper ge-peg, maar op die operasietafel hoor sy stemme en speck vir God.
"Is my tyd op?" vra sy vir God.
"Nee, antwoord hy". "Jy het nog 43 jaar, 2 maande en 8 dae oor om te lewe."
Terwyl die vrou recover in die hospitaal besluit sy om so ekstra rukkie aan te bly en 'n facelift en liposuction te kry. Sy besluit toe ook sommer om 'n tummy-tuck in te gooi en haar tiete so bietjie te lig. Sy het even iemand gekry om haar hare te kleur. Sy moes maar alles doen, want as sy hierdie extra tyd het om te lewe moet sy die beste daarvan maak. Na haar laaste operasie word sy ontslaan en sy is moerse geesdriftig om die lewe met nuwe lus aan te pak. Oppad huistoe ry die ambulans haar faktap toe sy oor die eerste straat loop.
Sy kom in die hemel aan en vra vir God: "Ek dog jy sê dat ek vir nog meer as veertig jaar sou lewe? Hoekom het jy nie die ambulans gekeer nie?"
God reply: "Sorry, ek het jou nie herken nie."
Fiets en gesond
Klein Pietie slaan in die kombuis uit en tune sy ma hy wil praat oor geskenke.
"Ma," reken die mannetjie. "Ek soek 'n fiets vir Krismis." Maar Pietie is eintlik 'n klein kak en maak altyd moeilikheid by die skool en oral. Sy ma reken hy moet eers dink aan sy optrede deur die jaar. Dan moet hy vir God 'n briefie skryf en verduidelik hoekom hy 'n fiets moet kry. Hoogs die bliksem in, suiker Pietie na sy kamer toe.
Brief 1:
Liewe God,
Ek was baie soet hierdie jaar. Kan ek asb 'n fiets kry vir Krismis? 'n Rooie.
Well lekker,
Pietie
Na hy bietjie gedink het weet Pietie hierdie storie gaan nie werk nie. Hy het sommer spanne kak aangejaag deur die jaar.
Brief 2:
Liewe God,
Ek was redelik soet hierdie jaar en sal hou van 'n rooi fiets vir Krismis.
Shot,
Pietie
Weer weet Pietie hy vat 'n kans. Hy skeur die briefie op en begin oor.
Brief 3:
Liewe God,
Ek was 'n paar keer soet en dit sal nice wees as jy maybe vir my 'n fiets kan gee vir Krismis.
Pietie
Amper dadelik weet Pietie dit gaan nie werk nie. Nou's hy die moer in. Hy's uit kombuis toe en vra sy ma of hy gou kerk toe kan gaan. Sy skiem kwaai, die plan het gewerk en die mannetjie bekeer of iets.
"Wees net betyds vir ete," roep sy agterna.
By die kerk gekom stap Pietie na die altaar toe. Hy check gou sideways en dief toe die Maria beeldjie. Hy's Rooms Katoliek, OK? Mens kry Afrikaanse mense wat Katoliek is. By die huis gekom gaan sit hy in sy kamer en trek weer die skryfblok nader. Nou's hy reg vir die donnerse brief.
Brief 4:
EK HET JOU MA. AS JY HAAR WEER WIL SIEN, STUUR 'N FIETS.
GETEKEN – JY WEET BLERRIE GOED WIE!
Watkykjy staan op 3,110,950 post views in totaal sedert 1 November, 2019.