Hierdie is 'n vinnige recap en so paar fotos van twee tjommies wat namens Watkykjy na die FORR Festival toe gestuur is in Mozambiek om te gaan kyk wat daar skud. Neem in ag dat een van die twee ouens 'n soutie is, so die Afrikaans gaan hier en daar so bietjie gly en kak trap…
Deur Eencap en Meneer Doenbaar
Erens hier aan die begin van Augustus het die ouens van FORR (Die Fellowship Of Rock ‘n Roll) vir WKJ genooi om bietjie te kom kyk hoe baie fun hulle kan aanjaag op een plek met ‘n festival op die strand in Mosambiek. Griff kon dit ongelukkig nie maak nie en dus vir my en Doenbaar gevra om as afgevaardigdes te gaan loer waaroor die storie gaan. So kans wys mens nie van die hand nie behalwe as jy allergies is vir dop, tunes, moerse strande en warm water. (In daai geval reken ek sal FORR ook in elk geval allergies wees vir jou.) Vir die wat die nie ken nie, (en nou nog nie opgetel het nie) dis ‘n rock festival waarmee die Somer elke jaar ingesien word. www.forr.co.za. Check sommer die lineup ook daar uit. Die Tuin Dwergies, Piet Botha, Valiant, Cortina Whiplash en Albert Frost is net so paar van die kunstenaars wat opgedaag het. Feitlik alles was brilliant gewees en ek gaan nie al die bands review nie want dit is ‘n novel op sy eie.
So stop Watkykjy en die mense by Jim Beam ons nog ‘n kas Red Stag Bourbon onder die arm die dag wat ons vertrek en daar gat ons. ‘n Lang nag van Stop-Ry/Go’s, potholes en probeer nugter bly en toe die Kosibaai grens oopmaak is ons daar. ‘n Uur later is ons afgesaal en goed aan die kuier. ‘n Kamp-bediender is aangeslaan vir ‘n paar randtjies per dag om tente op en af te slaan, bier en seekos by die shebeen’s te koop, en die sand buite jou tent soos ‘n Japanese Zen garden mooi netjies te hou. Die koelte in die skaduwee by die campsite is teenoorgesteld deur die hitte van die Agulhas current 100m weg van waar jy sit, drink in hand. So far so good. Dit is Woensdagmiddag so ons is ‘n dag vroeg. Dilemma. Dit beteken een van drie dinge: Ons gaan vanaand groot gaan met die mense wat alreeds hier is, of ons gaan rustig slaap en more groot gaan. Of option three, courtesy of Jim Beam Red Stag: ons gaan vanaand en more groot gaan. Vir die volgende dag en ‘n half trickle al die valies, wat duidelik lanklaas in die son was, in. En toe kom suntanned Nibs van der Spuy lekker van KZN op. Almal het dieselfde kyk in hulle oge en ons kom agter dat hierdie plek nog hard gaan rock.
Wat volg is ‘n whirlwind of R&Rs (Rum en Raspberry), Dois M bier, en musiek: dans op die strand, dans in die sand voor die stage, dans op die Beach Bar se deck, dans by die kampplek, dans in jou kop toe jy vir ‘n paar ure die opblaasmatras dop hou. En smiles all round. Maar nie net hippie smiles – lekker rock ‘n roll smiles ook. Dis seker die happiest festival ter aarde.
Teen Saterdag vroeg middag lyk dit of Doenbaar en die res van ons posse’ hulself al heeltemal te veel geniet het en dat WKJ nog kaartjies moet reel want dit het gevoel of ons 1ste kaartjies se fun was nou opgebruik. Mens moet maar hard party om so ‘n gevoel te kry. ‘n Vinnige telefoon oproep (ons was bang vir die roaming charges) en als is uitgesort. Griffin het verduidelik net hoeveel fun in een FORR kaartjie beskikbaar is – POESBAIE. So is ons weer af strand toe en stage toe en bar toe en strand toe en bar toe en stage toe en bar toe en strand toe en stage toe…….. you get the picture. So elke nou en dan vang ons ‘n lift na die volgende dorp of een van die menigte shebeens langs die pad wat ook almal oorloop met festivallers.
Toe Maandag uitendelik kom is die glimlag nog steeds aangeplak, maar net ‘n bietjie kleiner oor die 360 dae wat nog voor die volgende FORR le.
O ja, en vir die van julle wat weet waaroor dit gaan. Niemand het die dogfight gewen nie. Not for a lack of trying, but for a lack of suitable candidates.
Volgende jaar is ons weer daar maar dan hou ons angelfight.
Watkykjy staan op 3,049,136 post views in totaal sedert 1 November, 2019.