Maats, die van julle wat Queen fans is gaan julle broeke bekak… Hierdie is weer een van daai groot Watkykjy kompetisies en jy het net ‘n week om ‘n hoed uit ‘n haas se hol te ruk.
Julle ken die band Queen?
Hulle vier hierdie jaar hulle 40ste verjaarsdag as ‘n career en het vir ons ‘n prys gestuur om weg te gee hier op Watkykjy. Onfokkenglobaar, right? Soos Corné en Twakkie altyd tune: “Believe it, because it is true!”
Hier is hoe die storie gaan werk.
Hoe wen ek hierdie prys?
Check, die hele vibe gaan oor Freddy Mercury – “Freddy For a Day”. Wat ons van die wenner soek is om soos Freddy Mercury op te dress en ‘n song of ‘n gedeelte van ‘n Queen song te perform / lipsync. Ons soek ‘n video daarvan wat jy moet afneem en op YouTube moet laai. Jy moet die video noem: “Watkykjy? Freddy For A Day!” en vir ons jou YouTube link mail tesame met jou naam en ID nommer sodat ons die wenner kan verify!
OK, nou moet julle fokken mooi lees hierso en hard konsentreer:
- 1) Die entries vir die kompetisie sluit Vrydag 2 September om 12:00 waarna al die entries op Watkykjy gesit sal word vir almal om te admire.
- 2) Die wenner se naam sal getrek word by Park Acoustics op Sondag die 4de September by die Freddy For a Day festival en die prys sal daar in persoon oorhandig word. Nou check, die kompetisie is oop vir enige iemand in SA (soortvan), maar as jyself nie by Park Acoustics kan wees nie, raai ons jou aan om ‘n tjommie of ‘n familielid of ‘n kennis in jou plek te stuur (met jou ID nommer wat jy voor die tyd met ons confirm) en te smeek om jou prys namens jou te ontvang indien jy wen. Jy check, ons gooi die kompetisie, so ons maak die reels.
- 3) Jou video moet op YouTube gelaai word voor Vrydag 2 September, 12:00. Dit moet die title “Watkykjy? Freddy for a day!” dra.
- 4) Jy neem deel vir ‘n groot prys, so doen moeite. Wees skerp. Wees paraat. Wees fokken wakker.
- 5) Ons kan nie korrespondeer met mense wat nie verstaan nie. Die kompetisie is pretty duidelik. As jy nie verstaan nie, is jy te dom om deel te neem.
- 6) As jou naam by Park Acoustics gekies word as die wenner en jy of die persoon wat names jou instaan is nie daar nie, of dronk, of uitgepass of is besig iewers om draad te trek asof jou hand jou betaal, word die volgende persoon se naam gekies wat dan die nuwe wenner sal wees.
- 7) Moenie worry nie, daar sal heeldag afgekondig word wanneer die wenner aangewys sal word. Oor harde speakers.
- 8) As daar nie entries is nie, of kak belangstelling is, hou ons die prys vir onsself, want jissis, dis ‘n lekker een.
- 9) Ja, ons is fokken ernstig.
Wat kan jy wen? Check dit fokken uit:
Al Queen se albums, ‘n DVD en ‘n shirt. Kom ons draf gou deur dit:
Queen
Queen II
Sheer Heart Attack
A Night At The Opera
A Day At The Races
News Of The World
Jazz
The Game
Flash Gordon
Hot Space
The Works
A Kind Of Magic
The Miracle
Innuendo
Made in Heaven
Greatest Hits
Greatest Hits II
Deep Cuts I
Deep Cuts II
Deep Cuts III
Live At Wembly (2 disk DVD)
‘n Queen t-shirt
Kom ons re-cap gou:
15 x double CD’s (studio)
5 x single CD’s (GH & Studio)
1 x double DVD
1 x Official t-Shirt.
Goeie fok! Dis kakbaie freebies. En die wenner vat alles! Nee jissis, my hart kan dit nie hou nie. Gaan haal jou calculator uit en probeer uitwerk hoeveel dit is, want ons fokken weet nie. Ons weet net dis ‘n poesgroot prys. *slaan dronk neer op vloer en skeur hemp van lyf af*
But wait, there’s more!
Daar is ook twee extra pryse van omtrent R600 elk en dit sluit elk in:
Twee double tickets na die Freddy For a Day festival by Park Acoustics
Drie Queen CD’s
‘n Queen t-shirt
Ons sal hierdie wenners kies teen Vrydag 12:00 en hulle word ook in aanmerking geneem vir die groot prys.
Waarvoor wag jy? Vir Freddy om uit die graf uit op te staan? Get crackin’ motherfuckers!
O ja, en kom join ons by die Freddy For a Day gig. Dit gaan een befokte dag wees…
Watkykjy staan op 3,124,261 post views in totaal sedert 1 November, 2019.