Fok jou Maandag, jy wen. Weer.
Almal weet Maandae suig hondeballas. Maak nie saak of jy Sondagaand soos ‘n nat, bang rot onder jou duvet die naweek lê en uitbewe terwyl jy Carte Blanche kyk en of jy mooi netjies getrou in jou flenniepajamapak gou jou werkklere regsit voor jy agtuur begin snorkel nie. Kak gaan jy kak pappie. Dis nou maar wors.
Mens voel altyd fokken afgemat en nie reg vir die ding nie (baie soos die Springbokke tans). Fokken als breek ook op Maandag, Vrydag se issues kry kleintjies en omdat alle ander mense (soos kliënte) ook ‘n kak tyd het hanteer almal mekaar soos kak. Almal wil net eintlik fokken huis toe gaan en weer begin die volgende dag.
Maar nee, dit hoef nie so te wees nie dink Chopper toe so by homselwers. Nee fok, maak uit, ek probeer mos fokken anders wees en die trend buck. Mos uniek soos ‘n fokken sneeuvlokkie. Met dié idee en aangevuur deur ure se breindood Master Poes Australia kyk reken ek toe Maandae is voortaan Wenresep dae onder my dak.
So gesê, so gedaan en die eerste maaltyd is tradisionele vis en chips. Gwa-klang! Okay okay, dis nie ‘n nuwe resep nie maar ek reken toe ons doen als van eerste beginsels af, soos mens kan blykbaar slap chips van actual aartappels maak en sulke goed. Sharp.
Seker die eerste fout wat ek maak (behalwe nou vir iets lekkers probeer doen) is om baby hake te koop in plaas van gewone hake. By die Pick ‘n Pay. Op ‘n Maandagmiddag net na tjailatyd vir die hele Kaapstad. Ugh. Tick-tick-tick-tick…
(forward na rofweg ‘n uur later)
Nou kyk, Baby Hake Mahlala is bietjie ‘n perd van ‘n ander kleur. Dit kom ek agter toe ek die vis se vinne en stert begin afsny, die skubbe afkrap en die ruggraat verwyder. O ja, vergeet ek amper om te sê. Ek koop toe mos sommer die vis net so – fok vis wat klaar gefillet is. Ek weet van vis skoonmaak. Mos.
‘n Halfuur later lyk die vis of dit die hoofrol in Saw IV gespeel het en ek het skubbe oor my crotch area en onder my vingernaels. Die yskas is ook so vier Castles ligter en die bure so 20 choice vloekwoorde in Afrikaans slimmer. My favourite is “fokken verfoklike poesfokkenvis.”
En so neuk ek voort. Vir die degie meng mens blykbaar maizena en vis spice en sleep vir baby hake daardeur voor jy die outjie in olie plons. (Vir die rekord, hierdie manier proe glad nie soos kafee vis nie. Fokkol. In fact, dis sleg. Fokken kaksleg soos mense wat op die regering se nekke lê. So fokken sleg.)
Ons druk die vis ‘n pit en fokus op die chips. Chips of niks ek sê. Na 10 minute in die olie kry ek chippe wat so vol olie is soos ‘n Granada se sump voor hy gechange moet word. Nie al die sout in die see en al die asyn in… die plek met die meeste asyn kan help nie. Dis lelik.
So vyf trae byte later kyk ek en die Prinses mekaar square in die oë en besluit om die fokken visgemors en olietappels in die donnerse asblik te moer en net fokken toast met botter of 2 minute noodles te maak wat mens moeilik opfok. Jissis.
Daar’s ‘n klassiese Simpsons episode waarin die kinders aan iets deelgeneem het en verloor het. So Homer tune hulle: “Kids, today you tried your best and you failed miserably. What do you learn from that? Never try.”
Juistement. Dis fokken Maandag. Moenie probeer om dit te fokken fieks nie. Fok.
Maandag 1
Chopper 0
Vir ewig en ewig.
Amen.
Watkykjy staan op 3,048,721 post views in totaal sedert 1 November, 2019.