Ons het skaars met die nuwe maand begin en ons het al klaar weer 'n vet prys om weg te gee. Exclusively op Watkykjy.
Hansa launch 'n nuwe bottel vir hulle bier volgende Donderdag. Die pampier label maak plek vir 'n 330ml vettie met 'n embossed logo op. Dit klink nogal fancy. Smaak my Vuyo het dik wors verkoop die laaste paar maande. Vir die launch gaan Hansa 'n moerse "projection mapping experience" gooi op 'n gebou in Joburg met prentjies van bier en daar gaan bands ook speel.
Die kompetisie? Check, Hansa gaan vir een van julle gelukkige Watkykertjies 'n iPad2 gee (16GB Wi-Fi met 3G) ter waarde van amper R6000. O ja, en jy score ook sommer kaartjies na hulle VIP launch toe in Joburg.
Al wat jy moet doen is om hierdie geheimsinnige video hieronder op YouTube te check en onder die video (op YouTube, nie Watkykjy nie) te comment as volg:
"Watkykjy en Hansa, sweef my asseblief daai kief iPad! (jou naam)". Jy mag eenkeer per Youtube account comment. Spammers word nie in aanmerking geneem vir inskrywings nie.
Ons gaan die comments dan nommers gee, dit randomize, 'n nommer kies en sodoende die wenner kies. Net comments wat aan die vereistes voldoen soos die voorbeeld hierbo sal in aanmerking geneem word vir die draw. Ons sal die wenner dan deur sy YouTube account kontak om sy details te kry en Hansa sal vir hom sy iPad stuur. Jy moet in SA bly om in te skryf vir die kompetisie en jy moet bo 18 wees.
Die draw vind Maandagaand, 8 Augustus 2011 plaas om 22:00 en die wenner sal Dinsdag 9 Augustus een of ander tyd op Watkykjy bekend gemaak word.
Toe waarvoor wag jy? Vir die fokken Augustus wind? Dit moet seker een van die maklikste kompetsies nog wees om iets befok te wen. Good luck. Go!
Watkykjy staan op 3,118,395 post views in totaal sedert 1 November, 2019.