Hey bra
Ek het nou-die-dag die Lette van Gansbaai storie gelees en gedink dit was poessnaaks. Ek het 'n ruk terug 'n soortgelyke ware storie geskryf oor mense van Danville wat by ons gebly het.
Shot!
Thys Nywerheid
Deur Thys Nywerheid
Ons het ‘n garden cottage by ons huis hier in Snorcity wat ons uithuur vir ekstra zak en oor die jare heen het ons die malste kreature gehad wat al daar gebly het. Ek onthou die keer wat ‘n crazy biker en sy ex-recon vriend ‘n bottle Johny Walker Black label asook ook 2 dosyn Black Label biere uitgesuip het en later mekaar met messe wou kerf. Die einste biker was ook lief daarvoor om sy bike te spin in die woonkamer deel van die cottage. Dan was daar ‘n ander ou genaamd Stefan wat vir die polisie gewerk het. Hy was ‘n groot gesonde bees van ‘n Afrikaner maar met een catch – Stefan was vas oortuig dat hy ‘n vrou in ‘n man se ligaam was. Oor naweke was hy Chantelle en dan het hy graag skirts gedra. Dis fokken bizarre om ‘n groot poliesman met ‘n Blou bul rugby trui, plakkies en ‘n R10 Pep stores skirt te sien rond pronk oor naweke. Ten spyte van al sy probeerslae was Stefan so feminine soos ‘n AC/DC kitaar solo.
Die vreemdste karakters wat egter ooit by ons gebly het was sonder twyfel Frank en Yolanda. Frank was ‘n groot (lees oorgewig) Danville alumni wat na ons geweste verhuis het as gevolg van ‘n besigheidsbetrekking by ‘n winkelsentrum (lees karwag). Vroulief was Yolanda, ‘n unieke (lees poesmal) dinamiese en welbelese jong dame wat beskik het oor ‘n magdom van kennis oor seluliet en akneeprobleme van internasionale bekendes wat sy bekom het deur insiggewende geakrediteerde leesstof soos People’s magazine en Huisgenoot. Die verhongerde filantroop binne my het hierdie mense jammer gekry en hulle die spreekwoordelike benefit of the doubt gegee en kort voor lank het
hulle in ons garden cottage ingetrek. ‘n gewone dag in die Frank huishouding het as volg verloop – Frank het soggens op sy fiets geklim en sy logge lyf gaan karwag hou by die local winkelsentrum terwyl Yolanda haar logge lyf (met ‘n mini Frank in die baarmoeder) huishoudster gehou het en haarself intelektuel gestimuleer het deur die reruns van al die sepies, infomercials en Jerry Springer show op SABC gekyk het. Die hele fokken dag. Waneer manlief saans tuiskom het hy homself voor die playstation 1 neergeplak en daar gesit totdat die vorige dag se gebeurtenisse homself herhaal het die volgende dag.
Yolanda was ‘n kranige kok en haar spesialiteit was vetkoek, bees offcuts en uie wat gebraai en gegeur word in mature sonneblom kookolie. Daar was nie veel meubels in die cottage nie en behalwe vir die televisie en playstation wat heilig gepronk het soos die Israelite se tabernakel was daar ‘n paar van daai Franse poefs waarop mens kon sit-lê. Eendag het Yolanda se babba katjie (terloops, troeteldiere was kontraktuel verbode in die cottage) homself ontlas op een van die poefs. ‘n Geirreerde Yolanda het aan my en my vrou vertel: “Die kat het op my fokken poef gekak!” en ons het onsself fucked up gelag vir hoe snaaks dit klink. Toe sy egter nie die skreeusnaakse woordspeling in haar eie stelling besef nie, toe lag ons eers.
Anyway hulle het so voortgefok vir ‘n ruk en ten spyte van ‘n diet van sonneblom olie disse en cheap siggarette het die mini-Frank in Yolanda se maag genoeg gegroei om die wereld te ontmoet. Met vroulief hoog swanger en met bitter min geld kom ‘n bekommerde Frank een aand by die huis aan en probeer ‘n fiets aan my afsmous. “Ek het die zak dik fokken nodig” bieg Frank. Ek wou nog sê dat ek verstaan en dat die prys van doeke en al die ander bykomstighede nodig om na ‘n baba om te sien nie cheap is nie toe praat hy verder. “Maak uit, daar is hierdie playstation 2 in die pawnshop waar ek werk wat fokken cheap is en ek kan nie so bargain van die hand wys nie, pappie!”. What the fuck dude, jy het fokkol geld, jou vrou is hoog swanger en jy worry oor ‘n fokken playstation?
Against all odds is die baba toe gebore en alles het toe heel goed afgeloop. By the way hierdie was nie hulle eerste kind nie, die eerste een is oorlede as ‘n baba maar dis ‘n fokken sad storie en daar is lelike drugs involved. So Trainspotting tipe vibe. Terug by die hede – een dag kom ‘n opgewonde Frank by die huis aan met ‘n splinternuwe speelding vir die baba. Een van daai cheap Chinese plastic remote control karretjies wat ‘n krapperige tune speel wat so fokken irriterend is dat dit die roomyskarretjie se deuntjie soos Stairway to Heaven laat klink. Nou Frank, ek vra jou poes mooi met krokodil trane in my Steve Hofmeyr blou-oë hoe de fok gaan ‘n twee maande oue baba met so karretjie kan speel? “Dis vir eendag waneer hy groter is”, antwoord Frank. Needless to say, nog voor die baba weer sy doek groen gekak het, het Frank klaar die karretjie stukkend gespeel.
Alle goeie dinge kom tot ‘n einde maar gelukkig daarby die slegte dinge ook en een vrolike dag laat weet Frank my dat hy ‘n betrekking by ‘n ander maatskappy aanvaar het en dus sal moet verhuis. In plein Danville Afrikaans: “My oom gaan ‘n hoerhuis begin, pappie! Hy skiem oorlat ek so poes groot en sterk is moet ek die bouncer daar wees. Die befokste is dat ons sommer daar by die hoerhuis kan bly en dan hoef ek nie te worry oor fokken rent nie.” OK, Frank dit lyk my Calvinisme is net iets wat met ander Afrikaners gebeur het. Hoe de fok justify mens dit om jou kind in ‘n hoerhuis groot te maak? Mind you miskien word die laaitie nog getreat tot ‘n hoer op sy 12de verjaarsdag.
Dis nou as Frank hulle nie almal voor die tyd stukkend gespeel het nie.
Watkykjy staan op 3,090,357 post views in totaal sedert 1 November, 2019.