Ard Matthews pull ‘n Ras Dumisani

In Snotstories deur griffin

Die National Anthem is effens meer kompleks as om “I love You Madly” 36 keer in een song te sing. Ard Matthews het reggekry wat nog net Ras Dumisani kon afpull – om jou naam tottergesig te maak, live op TV, deur jou piel deur die National Anthem se ore te druk. Andersins as op die FNB TV ad waar die dogtertjie in die stadion uitgehelp word deur die crowd (waarvoor ‘n tjommie van ons toevallig verantwoordelik is) het die Springbokke en die res van die audience in die studio met ‘n bek vol tande gesit. Heel moontlik omdat nie een van hullself die anthem se woorde ken nie.

Tem minste het Ard net die anthem genaai en nie ook ons ore soos wat Ras gemaak het nie. Daai enetjie was fokken seer. The ard of fucking up the anthem:

Maar kom ons wees eerlik – hoeveel van julle ken ons land se anthem? En hoeveel van julle gee actually ‘n fok om? Dis nie juis een van die beste anthems daarbuite nie en die twee totaal en al verskillende tunes wat ons landslied opmaak pas glad nie. Dis soos om plastiek aan yster vas te probeer weld. Of om olievlekke op jou paving met water te probeer skoonmaak. Kies een tune en kies die lyrics (in een taal) en laat ons daarmee deal. Ons diversity word nie deur die landslied uitgewys nie. Wat deur die nuwe anthem gepoog was, was nogal patronising. Ek is net bly hulle het gestop voor hulle vir mense begin khaki klere, baarde, vellies, spiese, diervelle en skilde begin aantrek het en rooi kolletjies tussen die ogies gegee het. “Jissis, kyk hoe fokken rainbow is ons! Kom ons naai ‘n song aanmekaar wat al elf ons official tale insluit. O kak, ons het nie plek vir nog nie. Vier sal moet doen. Fok die res.”

Anthems oor die algemeen dien nie ‘n moerse doel nie. Dit word gesing by political rallies en “belangrike” sportbyeenkomste. O ja, en by skole op Maandae. Dis waar al die kak begin het. Met Die Stem. En daai krapperige fokken kadetklere. En pakslae. Jissis.

Hey, maar as jy smaak van die volkslied, sing hom sommer voor en na jy eet of wanneer jy draadtrek in die stort.

Maak net seker jy ken al die woorde. Jy wil nie soos ‘n poes lyk nie.

Hierdie post is 185 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 1,474,952 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
griffinArd Matthews pull ‘n Ras Dumisani