Vrees Fokol is ‘n vervolgverhaal van 10 hoofstukke. Die eerste 4 hoofstukke is verniet beskikbaar. Hoofstuk 5 tot 10 sal vir R7 elk verkoop word om die skrywer te vergoed vir sy skryfwerk sodat die arme drommel ook ‘n kaas-en-tamatiesous broodjie kan vreet.
Jy kan dus inclub met ses ander tjommies vir R1 elk as dit vir jou te duur is en dan vir mekaar die copies e-mail.
Alle persone in die roman se name is verander om hul identiteite te beskerm. Dit het egter ietwat kak geklink, toe word dit maar terugverander.
Julle kan die vorige hoofstukke hier dowload in PDF format:
Hoofstuk 7 – Morné Steyn tot die redding
“Fokken Rave Burger-sous,” sê Tyler en vee oor sy kennebak. “Ek kon dit nog nooit verstaan nie.”
Hy kyk senuagtig na Danny en Oscar, wat blykbaar geheel en al oorweldig is deur die ervaring van ‘n restaurant met kelners wat hulle as “meneer” aanspreek en nie op hul voorname of bloot as “poes” nie. Hulle druk die steers-servetjies netjies voor by die krae van hul vuil T-hemde – onderskeidelik Limp Bizkit en New York Yankees – in.
“Kom ons praat soos larneys!” sê Danny.
“Fokken ja!” sê Oscar in sy diep stem en maak sy keel skoon. “Hoe gaan dit met jou?”
“Nee, dit gaan goed dankie, en met jou?” antwoord Danny.
“Goed dankie,” sê Oscar, waarna hy kliphard uitbars van die lag.
Rave Burger-sous kom uit Tyler se neus soos hy ook lag vir dié absurde skets. Dit weerhou hom egter nie daarvan om aan te hou hap en kou tussen die geskater deur nie. “Die fokken burgers is once, Danny, shot. Of shot vir jou tannies, whatever.”
“Nee, dis fokken reg, Tyler,” sê Danny, “maar check, is julle nie bekommerd oor Jackie nie?”
“Wie?” vra Oscar.
“Jackie, man,” sê Danny, “Jackie fokken Sieberhagen.”
Oscar tuur verward die verte in. Hy kyk nie terug nie.
Jackie Sieberhagen maak sy oë stadig oop. Hy voel hoe die veld se harde klippe teen sy rug steek. Hy kyk op en sy mond val oop. Oor hom, met haar voete sekuur weerskante van sy nek teen die grond geplaas, staan die mooiste meisie wat hy nog ooit gesien het. Haar dun, slanke bene vloei soomloos tot in haar heupe. Haar borste lê soos vol kalbasse oor haar boonste ribbe, haar arms is na bo gelug, haar hande dans saam met die ritme van haar heupe. Sy is geheel en al naak.
Die enigste logiese afleiding wat Jackie kan maak, is dat hierdie pragtige meisie in die veld moes gestap en sy fantastiese biseps opgemerk het voordat sy hom kom verlei het.
LEES DIE RES VAN HOOFSTUK 7 HIER
Watkykjy staan op 3,110,840 post views in totaal sedert 1 November, 2019.