Scrap stuk shit skip spoel uit op Sheffield Strand

In Spec-takel deur griffin

Ok, jissis, genoeg met die alliterasie…

Hierdie 164m lange tanker, die Phoenix, se anker het effens gekak en hy het op Sheffield Beach begin uitgespoel.  Foto's is deur 'n Watkykertjie, Rob ingestuur.

Die skip was oppad na 'n scrapyard in India toe om afgeskryf te word. Dis dalk beter dat hy dit eerder nie gemaak het tot daar nie, want elke keer as 'n skip uitspoel vir scrap metal word 20 nuwe Land Rovers deur Tata gebou.

Ons is nie seker wat verder met die stuk kak gaan gebeur nie, maar hier is 'n voorstel vir die ouens wat dalk verlede week Carte Blanche gekyk het: stuur die Witbank polisie soontoe. Hulle maak uit van scrap metal steel en verkoop. Hulle sal daai skip chop-chop op chop. Julle kan sommer Bheki Cele se vliegtuig gebruik. Geld is nie 'n probleem nie.

PS: Net 'n tip aan die Frikkie wat die foto gevat het: Jou fokken vinger fok die fokus op, for fuck's sake.

IMG00126-20110726-10042

photo03804

photo03815

photo03826

photo03837

Hierdie post is 177 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 1,737,740 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
griffinScrap stuk shit skip spoel uit op Sheffield Strand