Hierdie video is al redelik oud, maar dit het nog nie op Watkykjy ge-feature nie, so van julle het dit dalk nog nie gesien nie. Vir die behoud en voortsetting van alles wat zef is se argiewe, asook om as 'n waarskuwing te dien teen te min suurstof op die brein plaas ons dit dus.
Net 'n tip – 'n maatband kos aansienlik minder as 'n bakkie. Dis nou vir as jy nie die lengte van 'n tou of die hoogte van 'n boom met die blote oog kan skat nie.
Tip nommer 2 – as jou simpelgeid op video vasgelê word gaan dit fokken moeilik wees om vir jou versekering te probeer tune dat daar 'n heavy wind opgesteek het en 'n dooie boom omgewaai het.
As hierdie bakkie nie 'n Tata was nie, is dit nou een.
Tatta, bakkie!
Watkykjy staan op 3,085,080 post views in totaal sedert 1 November, 2019.