Pa Vir Dummies – Vrydag by Sinkshack (Bronkies)

In Watkykjy Gigs deur griffin

Pa vir Dummies is Neels van Jaarsveld se nuutste eenman komedie. Neels speel die rol van 'n jong pa genaamd Dries Klopper wat vol angs en vreugdeneels en tobie 1 wag op die geboorte van sy tweede kind. Onder die regie van meester Tobie Cronje laat Neels gehore skater van die lag en vele venues het reeds die produksie terug gevra. Kom check hoe tref die tropiese vrug die verkoelingsisteem. En meer belangrik, gaan dit hierdie keer 'n laaitie wees?

Daar is nog net 20 plekke oor vir Vrydag 22 Julie se vertoning in die Sinkshack in Bronkhorstspruit. Die R250 per persoon sluit die show plus voor-, hoof- en nagereg in. Dan is slaapplek in die Sinkshack se bedonnerde chalets spesiaal net vir hierdie aand R100 per kop.  Sien jou daar!

Skakel Deon by 078 741 7597 vir besprekings en info.

pa vir dummies

 

Hierdie post is 96 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 1,474,753 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
griffinPa Vir Dummies – Vrydag by Sinkshack (Bronkies)