Ons is jammer oor wat ons nou aan jou gaan doen…

In Fokken Zef Videos deur griffin

Onlangs op daai fokken snaakse TV show op Mnet, Modern Family, loop die kinders op die ma en pa in terwyl die pa druk besig is om die ma carrots te gee. Die kids freak uit en laat spat in alle rigtings. Jy check die dogtertjie waar sy besig is om haar ogies al huilend uit te was in die kombuis se wasbak: "Its not working! I can still see it".

Hierdie is een van daardie oomblikke. Kry solank 'n roomyslepeltjie om jou ogies uit te krap.

Ons is moerse jammer oor wat ons nou aan julle gaan doen. Genuine. Ons sweer. Maar ons moet dit doen om 'n punt te bewys. Ons doop hierdie sommer die "Michael Saltino Kompleks". Dis wanneer mense vas glo dat dit wat hulle doen nie oortref kan word nie. Dat hulle vir 'n spesifieke doel op aarde geplaas is en hulle droom volg.

As voorbeelde gaan ons twee video's plaas. In die eerste geval het iemand ons gesoebat om die video op Watkykjy te sit. Die tweede video is een waarop ons toevallig afgekom het. Dis enetjie van Nederland af. Fokken kaaskoppe.

Kyk julle asseblief na die twee onderste videos en vertel vir ons wat die verskil is. Jy maak uit as jy in die Mike's Kitchen gesit het as 'n laitie en die waitress met die lobsided tiete vir jou potlode en prentjies en kak gebring het? Daai prentjies waar jy 7 verskille tussen twee amper eenderse prentjies moet okmring? "Haai kyk, in die regterkanste prentjie het die hasie net 'n dik piel! In die linkerkantste een het hy ballas ook!" *omkring ontbrekende ballas op regterkantste prentjie met die rooi potlood wat se punt summier afbreek *

Nou hierdie videos is amper soos daai. Ons kan glad nie 'n verskil tussen die twee videos sien nie. Hulle is presies dieselfde.

Help ons uit, man. Have a heart…


"Hi Griffin,

Disco Biltong is op die lig !!

Hahaha…ons is paar trotse Afrikaners wat net soos almal ‘n Lekker Braai, kuier sessie, en goeie vriende geniet! Toe besluit ons om ‘n song te skryf wat elke Suid Afrikaner op hulle stoele laat gaan staan en Dans & Party !! Suid Afrika se eie Braai Anthem !!! Ons sal dit moer baie waardeer as jy hierdie op die ‘Wat Kyk Jy’ site sal plaas!  Ons is groot fans, en ek glo ook alle ‘Wat Kyk Jy’ fans sal hierdie ongelooflik baie geniet!!

Baie dankie Griffin, waardeer dit regtig!!

Stel bekend ons nuwe hit single – ‘Spice Hom – Draai Hom – Braai Hom’ (Pap & Vleis)"


En nou die Nerderlandse weergawe:

Huh? Wat's the fokken diffs?

Fokken exactly!

Hierdie post is 339 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 1,467,969 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
griffinOns is jammer oor wat ons nou aan jou gaan doen…