"Vrees Fokol" is Watkykjy se nuwe weeklikse interweb vervolgverhaal, geskryf deur Vent Venter – ‘n Epiese soeke na die hart van die Suid-Afrikaanse droom, waarskynlik ten koste van die lewer en longe van die Suid-Afrikaanse droom..
Alle persone in die roman se name is verander om hul identiteite te beskerm. Dit het egter ietwat kak geklink, toe word dit maar terugverander.
Julle kan die vorige hoofstukke hier dowload in PDF format:
Hoofstuk 4 – 'n Afrikaanse ongeluk
“Ons kap die N12 by Soweto, dan fok ons straight Kimberley toe.”
Jackie Sieberhagen vroetel met die tape-deck wat onder sy sitplek lê. Hy het daarvan vergeet voordat hulle uit Vanderbijlpark vertrek het en probeer dit sedertdien uitvis – sonder sukses. Hy het nog kwalik vir die snelweg, waarop hulle hul reeds bevind, gekyk en meestal, soos ‘n vlermuis, staatgemaak op geluide om sy rigting te vind – in hierdie geval die geluid van toeters. Die gilgeluid van ‘n niksvermoedende voetganger het om egter ontwyk en Jackie Sieberhagen sal binnekort gesoek word vir strafbare manslag.
“Aha!” roep hy en haal die tape-deck uit. Sy jolyt met die vind van genoemde tape-deck is egter van só ‘n aard dat hy die N12-afrit geheel en al mis. Jackie Sieberhagen kom sy fout eers agter nadat hy reeds die tape-deck in die gepaste gat geplaas het.
“Hoekom het julle my nie fokken gesê van die offramp nie!” skreeu hy op sy passasiers terwyl die klanke van Bles Bridges se ‘Gee haar ‘n roos’ deur die Honda sypel.
Sy passasiers – Tyler, Danny en Oscar – het tot op hierdie punt bloot met die vrees van God in hul oë voor hulle uitgestaar en aan enigiets wat uitgesteek het vasgeklou – handvatsels aan die dak, die cubby-hole, enigiets. Oscar, wat langs Danny op die agtersitplek sit, het selfs in ‘n skrikbeweging ‘n deurhandvatsel gegryp en halfpad uitgeval, maar Danny het hom aan die geel Croc beetgekry en weer by die motor ingetrek.
Met die aanhoor van die lied proes al drie egter gelyktydig. Die geproes ontaard vinnig in ‘n geskater.
Jackie Sieberhagen se nek word rooi. “Dis my ma se fokken tape, okay.” Hy kners op sy tande. “My pa het dit vir haar gesing met sy Yamaha-electric toe hy nog gelewe het.”
LEES DIE RES VAN HOOFSTUK 4 HIER
Watkykjy staan op 3,110,212 post views in totaal sedert 1 November, 2019.