Ingestuur deur Werner
Dit is raar maar waar, nee eintlik lieg ek, dit is waar. Dit is ‘n verskynsel by elke verhouding wat nie ontwikkel nie, maar van die begin van tyd daar is. Dit is ‘n vreemde gevoel, onbeheerbaar, onbeskryflik en onverstaanbaar. Ek praat van jaloesie, die groen apie wat op jou skouer sit en kak gooi na die een wat in jou slaai krap.
Die kenners sê dat as jy jou ander halfte vertrou dat dit nie ‘n probleem sal wees nie, kak man dit is daar of jy nou hulle vertrou of nie. Dit hang seker van jou persoonlikheid af hoe gou jy jaloers raak of tot watter uiterste jy jaloers raak. In my opinie is jaloesie niks major nie, ek raak nie so vining jaloers dat ek my leatherman (all purpose, everyday tool wat in enige situasie gebruik kan word) uitruk en die naai wat met my slaai praat se fokken tand uittrek met die handy tang funksie nie. Nee man ek beheer nie haar lewe nie (sy dalk myne) so ek gaan nie onnodiglik ‘n knieg in die eiers vat omdat ek maybe ongeskik was met die dronk kont wat my meisie try opchat nie.
Fine so ek sal dalk admit dat die kenners reg is, as jy genoeg vertroue in die meisie het weet jy sy sal nie op sy disco stick spring en skandes maak in die middle van Hatfield Square nie. Maar jy moet ook ‘n bietjie dink, niemand, tensy jy in die voortuin van jou Daspoort huis kuier nie, sal ‘n ander ou voor jou seks in ‘n publieke plek nie. Meisies is slim, hulle sal wag tot jy huistoe gaan.
So wat nou? Jy gaan dan altyd jou meisie doubt, jy gaan altyd jouself doubt. As sy op jou verneuk moet dit nie persoonlik opvat nie, vat jou fokken balls skuif dit reg gaan bliksem die ou en los jou meisie. Jirre as jy dalk net nie so slapgat was nie sou sy dalk nie op jou cheat nie. Ja dit is meestal die droëdrol outjies wat se meisies op hulle cheat. As ek nou vir jou advies kan gee, koop ‘n nuwe onderbroek, sit van daai Dr. Rampala se piel room op jou gesig en gaan verras jou meisie.
Ek is self nie ‘n expert oor verhoudings nie, maar tenminste weet ek die basics. Jy is ‘n ou so speel net dom, sy sal pissed raak en jou of sê wat jy nie reg doen nie of jou net los. Indien sy jou los, spring in met jou testosteroon en maak daai shit reg. Ek sê nou nie jy moet haar vasdruk en jou ding in haar oordruk nie.
So ek vra mooi, beheer jouself as jy jaloers raak, moet haar nie verbied om met ander ouens te praat nie, dit is die gouste manier wat jy alleen op jou gat gaan sit… In die tronk… Met fake rape charges… So asseblief moederfokker DINK!!!
Watkykjy staan op 3,048,713 post views in totaal sedert 1 November, 2019.