Die bloed gaan loop en die hoere gaan huil Saterdagaand wanneer IBF, WBO en IBO kampioen Wladimir Klitschko en WBA champ David ‘the Haymaker’ Haye in die kryt klim om mekaar te bliksem tot die al die groot wêreld swaargewigtitels net een eienaar het. Die twee yskaste met handskoene tune mekaar nou al vir maande kak so dit is nou hoogtyd dat hulle hulle geld neersit en die ding uitsort.
Altwee die boksers het baie impressive rekords maar Klitschko se 55 wins (49 KO’s), 3 losses en 0 draws gaan dalk net bietjie te veel wees vir Hay met 25 wins (23 KO’s), 1 loss en 0 draws. Haye veg ook nou maar eers vir net oor die 3 jaar in die swaargewig afdeling
Actually is een van die enigste drie mense wat al vir Klitschko uitgeslaan het Pretoria se eie Corrie Saunders wat hom in 2003 in die 2de rondte uitgeslaan het om die WBO title huistoe te bring. In sy guns het David Haye daarin geslaag om in 2009 vir Nikolai Valuev ‘the Beast from the East’ (gaan check bietjie die monster op google uit) oor 12 rondtes op punte te klop wat die pom wel bietjie streetcred gee.
Wladimir en sy ouer broer is altwee vegters en hulle het beide Phd grade in Sport Science. Ouboet Vitali is ook huidiglik die WBC swaargewig kampioen. Altwee die Klitscko-broers vra nou al lank vir ‘n kans om vir Haye te moer en uiteindelik is dit kleinboet se kans.
Die geveg sal Saterdagaand om 20:30 op SS7 en SSHD1 uitgesaai word en ek sal aanraai dat niemand dit mis nie. Ek stel voor dat julle van vroegmiddag dubbel rum en brannas met coke begin drink om in die regte mindset te kom vir die appels swaai bonanza. Die rum sal jou laat vloek soos ‘n matroos en almal weet wat maak die karatewater. Moet nou net nie mekaar begin bliksem sodat julle in die hospitaal opeindig waar daar nie DSTV is en die fight mis nie. Spaar die aggressie vir die Droppas bouncers na die tyd. Hulle verdien dit baie meer as jou tjommies. Die twee vegters is lus vir mekaar so dit is baie onwaarskynlik dat dit vir 12 rondtes sal aangaan so jy en jou pellies sal nog steeds betyds wees om easy Droppas roadkill by Joost se garage te gaan optel vir ‘n dronk score na die fight.
Volgens die meeste bookies is Klitschko die groot gunsteling as iemand dalk ‘n paar velle op die fight wil sit maar ek is nie bereid om ‘n call te maak nie. Een ding is verseker: sit jou mouth guard in want dit gaan ‘n moerse fight wees…
Watkykjy staan op 3,055,937 post views in totaal sedert 1 November, 2019.