Matte
‘n Vrou loop rond in ‘n duur matwinkel. Net toe sy buk om aan ‘n mooi mat te voel poep sy kliphard. Volgende oomblik staan die assistent langs haar.
Ongemaklik vra sy “Hoeveel kos die mat?”
Die assistent antwoord “Mevrou, as jy gepoep het toe jy aan die mat gevat het, gaan jy definitief in jou broek kak as jy sy prys hoor.”
1950
Vraag aan 85 jarige man: “Wanneer het Oom laas seks gehad?”
Oom: “So 1950”
“Dit was darem lank gelede, ne’ oom?”
Oom: “Nee wat, dis nou eers 20h30”
Peanuts
Oom Boet sit een aand tuis vor die TV en vreet peanuts. Hy skiet dit in die lug op en vang dit met sy mond. Terwyl hy nog een in die lug in opskiet vra sy vrou vir hom ‘n vraag. Toe hy sy kop draai om haar te antwoord, kom die peanut af en land in sy oor. Hy probeer dit uitkry maar druk dit net dieper in. Vroulief probeer help maar niks werk nie. Hulle besluit om hospitaal toe te gaan en net toe die tannie haar handsak het, kom hulle dogter en haar nuwe boyfriend terug van die movies af. Die jong laitie offer toe om die oom te help. Hy laat die oom sit, druk sy vingers in sy neusgate op en tune hom om te blaas. Die peanut skiet by die oom se oor uit en almal is moerse happy. Die tannie bied vir die seun aandete aan. Later toe hy weg is tune sy haar man: “Dis ‘n oulike seun. Ek wonder wat hy gaan word as hy ouer is.”
Die omie antwoord terug: “Tien teen een ons skoonseun. Jy moes sy vingers geruik het”
Mike & Kallie
Die pilot kondig af: “Ladies and gentlemen. We are now entering the Ethiopian airspace. Here 40% of the population are infected with TB. The other 60% are infected with the HIV virus.”
“Wat sê daai ou?” vra Mike vir Kallie.
Hy sê “As die vliegtuig nou val, moet ons net dié spyker wat hoes.”
Blond
Blond huil vreeslik tydens die geboorte van haar tweeling. Dokter vra verbaas: “Hoekom huil jy so vreeslik, jy het dan nounet ‘n tweeling ryker geraak?”
“Ja”, sê sy, “maar ek weet nie wie die pa van die tweede een is nie!”
Viagra
Oom vra apteker vir ‘n kwart sterkte Viagra.
Apteker: “‘n Kwart sal oom nooit ‘n ereksie gee nie!”
Oom: “Ek’s nie gepla oor ‘n ereksie nie. Ek wil net nie meer op my skoene pis nie!”
Jagtrip
Die ou gaan gereeld jag en sy vrou moet altyd by die huis bly. Sy besluit toe om vir haar `n geweer te koop en saam te gaan jag. Op die plaas aangekom sê hy vir haar om links teen die rivier af te loop dan loop hy regs teen die rivier af. Hulle sal dan weer mekaar onder by die hoofhek ontmoet. So gesê, so gedaan.
Hy het skaars 200 meter geloop toe hy drie skote hoor klap. Hy hardloop terug in haar rigting en by die rivier kry hy haar. Sy stry kliphard met `n man: “Meneer, dit is my Kudu die ek het hom eerste gesien en drie kopskote gegee!”
“Goed mevrou, ek gaan nie verder met jou stry nie, vat dan die kudu vir jou, maar gee jy om as ek darem net my saal en toom van jou kudu afhaal!?”
Wurms
Koos stap eendag by sy dokter se spreekkamer in en kla dat hy dink dat hy dalk ‘n lintwurm het.Die dokter het hom deeglik ondersoek en saamgestem.
Dokter: “Ek wil hê jy moet more terugkom om jou behandeling te begin en ek wil hê jy moet vir my ‘n piesang en ‘n koekie saambring.”
Koos is effens verward, maar doen maar wat die dokter van hom verwag. Die volgende dag is hy terug met sy piesang en sy koekie.
Dokter: “Uitstekend, trek nou asseblief jou broek uit en buk vooroor. Dit gaan niks seermaak nie.”
Nou ja, wat kan hy doen? Hy trek sy broek af, buk vooroor en die dokter druk die piesang in sy hol op. Hy wag ‘n minuut –
presies 60 sekonde later volg die koekie die pad van die piesang. Woerts! In sy hol op.
Dokter: “Nou ja, dit was die eerste deel van jou behandeling. As jy wil hê dit moet regtig werk, kom more terug met nog ‘n piesang en nog ‘n koekie.”
Arme Koos is daar weg met trane van pyn en vernedering in sy oë, maar die volgende dag is hy terug – piesang, koekie en al. Presies dieselfde gebeur op dag twee, dag drie en dag vier… Eers die piesang, dan die koekie. En so gaan dit vir ‘n hele week lank aan.
Dokter: “Veels geluk, more is jou heel laaste behandeling. Ek wil graag hê jy moet ‘n piesang en ‘n hamer saambring.”
Koos (bang verby, wil nie eens dink waarvoor die hamer is nie): “Nie ‘n koekie nie?”
Dokter: “Nee, ‘n hamer.”
Die volgende dag is Koos terug – met sy piesang en sy hamer.
Dokter:”Nou ja, meneer Van der Merwe, jy ken nou al die roetine. Broek uit, buk af. Die dokter druk die piesang op, kyk op sy horlosie en tel die hamer op.
Een minuut gaan verby. Twee minute gaan verby. Drie minute. En uiteindelik na vier minute… druk die wurm sy klein koppie by Koos se poefenjorts uit en skree: “Waar’s my fokken koekie!!!??”
Watkykjy staan op 3,091,004 post views in totaal sedert 1 November, 2019.