Deur M. le Roux – ‘n self-proclaimed coo-girl
Al die karakters in die volgende beskrywing is vlees-en-bloed ‘mens’-mense (alhoewel hul name heel moontlik verkeerd gespel is). En díe kak het regtig gebeur.
Hulle sê ‘moeder natuur sal voorsien’.
Hulle praat kak.
…Sadistiese fokkers!
Moeder natuur skenk vir jou ‘n blank canvas met ‘n strepie snot op om jou metaforiese maagdevlies uitmekaar uit te ruk vir Oppikoppi – and the rest is up to you!
Ek is ‘n coo-girl wat Oppikoppi oorleef het. En hier onder volg ‘n sinopsis van die mees alomvattende voorbereiding vir die belangrikse drie dae van enige wannabe-student se jeug. Eerstens: Daar SAL ‘n roadblock wees. Jy was gewaarsku. Tweedens: As jou brein nie vir die volle drie dae van Oppikoppi voel asof ‘n platanna ‘n suur-kak daarop gepleeg het nie, you’re doing it wrong!
Eksemplaar nommer een: Braai
Daar is net nie ‘n fokken manier dat jy naastenby so baie gaan braai soos wat jy jou verbeel in Checkers se isle nie. Sit die vleis terug, boetie! Jy gaan neentig persent van die tyd te dronk, te uitgepaas of te vêr weg van jou goeters wees om ‘n prima braai aanmekaar te gooi. Maak liewers seker dat mamma vir jou genoeg snoepie geld gegee het om seker te maak dat jou organe nie almal op een slag ingee en jy die soveelste ongeval by die mediese tent aangesleep word deur jou dronk buddies nie.
Neem egter die volgende nota ter hart: ‘n fokken genius het laasjaar ‘n ketel gebring wat ons op die kole kon gesellig maak. Die koffie-toue is langer as jou ouma se oproepe oor haar agteruitgang soggens, so hierdie was ‘n onverbeterlike happie inisiatief wat ons almal met ‘n warm boeretrosie en beskuit in die hand gehad het teen nege uur elke oggend. Gooi sommer ‘n bietjie koffiemoer in ‘n sokkie voor jy uit Pretoria uitvloog met net jou houding en ‘n kief paar shades. Dis ‘n wenner! (Gooi dan liewers die sokkie weg na die naweek se ge-prit en kyk terug op die feit dat ‘n warm glimlag meer werd is as jou gunsteling hokkie sokkie).
Eksemplaar nommer twee: Die mediese tent
Díe hoekie vir eensames is ‘n toeriste trekpleister waarmee jy nou, liewers as gedurende jou naweek, wil kennis maak. Dis sonder twyfel fokken vêr van waarookal jou tent is, so maak seker dat as jy oor ‘n klip gaan trip, ‘n leweroorplantig gaan benodig, of jou meisie jou in ‘n jaloesie woede met ‘n plastiek vurk gaan oorval, die beplanning daarop neerkom dat die klas van ‘ongelukkies’ naby aan die main stage gebeur. Dis net ‘n hoes-en-’n-druk van daar af, en enige tipsy Jan Rap dwaalgees in die omgewing is seker om sy weg oop te sien om skouer-aan-binneboud te sit om ‘n mede Oppikoppi-kint se lastige nier weer onder sy slukderm te kry. As jy dus een van daai’s is wat glo dat lewe só kosbaar is dat elke oomlik ‘n heildronk verdien, vat sommer vroeg-vroeg Vrydag oggend vir die vriendelike tannies by die tent ‘n stukkie melktert dat daar ‘n tikkie verdowing oor die ongemak hang later vannaand.
Eksemplaar nommer drie: Die son
“Liewe jissis, dis donker!” Ja fok, as die son ondergaan vat hy die lig saam met hom poesnees, so let op dat jy aan jou kamp se beligtingsbenodighede wil dink voordat jy die stad en GAME vaarwel heed. Ivan of Rias of een of ander engel by ons kamp laas jaar het ‘n lig aan ‘n battery gekoppel (of iets waarvoor NAS ‘n voorvereiste is), en die ou verdien ‘n Nobel prys vir A-plus inisiatief! Dit bring ons dan by die eerste van die drie belangrikse implimente wat jy nodig het om Oppikoppi te oorleef: ‘n kopliggie! Fok tog Jannie, as jy halfpad is en net duskant Northam iewers besef jy’t jou kopliggie by die huis vergeet, doen ons almal ‘n guns; draai om en gaan huis toe! Jy’s meer in jou moer in as na ‘n bottel warm Klippies. Probeer volgende jaar weer. Jy’t nie die X-factor nie, draadtrekker. Dit is klaar ‘n given dat jy die eerste aand halfpad om die plaas gaan stap en sewe keer vir directions gaan vra voor jy per abuis op jou eie tent kots. Maar teen aand twee, as jou interne GPS warm en op spoed is, gaan jy vir my dankie sê dat jy nou met trots jou ingewande kan aanskou in die kliniese blou lig wat ook die weg tent toe oopbaan. Bring dus elke moontlike vorm van beligting (en die batterye wat daarmee gepaard gaan) saam vir jou naweek op die plaas! (Dankie Juan vir die kopliggie, laasjaar!)
Eksemplaar nommer vier: Seks en Wet Wipes
Maak seker jy’s vroeg Vrydagoggend al by die hekke, Koos. Hoekom? Want vandag is jou laaste kans om te kyk wie jy vannaand agter die storte tot wapperende bevrediging wil vinger. (Dra dalk ‘n effie saam, net so vir die noodlot). Na vannaand is elke siel op die plaas siwwer as die duiwel op Sondag. Dit bring ons dan tot by ‘n uitvindsel wat jou die naaste aan ‘n liefdevolle moeders-speen sal bring gedurende die epic naweek van uitpaas in ander mense se kots op rotse wat nie eers naby jou tent geleë is nie: Wet Wipes. Jy kan nie, onder enige omstandighede, te veel Wet Wipes hê nie! Dis eenvoudig on-fokken-moontlik! Maak hom vol skaap. (Sien latere verwysings na die storte asook skoonmaaktye van die toilette).
Gepraat van nat en vuil: Ivan was ‘n legende en het ‘n laminated line-up saamgebring laas jaar. Só ‘n bek moet jam kry (maar het nie, want hy’s heavy devoted aan sy meisie)! Als om die kamp (insluitende ‘Daisy die shit-box tent’ waarin slegs meisies magtiging gehad het om te piepie as die nood te veel raak) het vergaan, maar nie die gelamineerde lys van optredes en tye nie!
Eksemplaar nommer vyf: Fokken baie water en mediese goeters
Jirre Stevie, jou breinchirurg, het jy gescheme die plaas is van taps gemaak?! Nee my vriend. Onthou dat dit wat jy saamdra, is dít wat jy gaan hê om meer te werk. Vat my woord dat jy donners dankbaar gaan wees vir daai twee vyf-liter kanne water wat jou stukkie saam gesleep het as jy een aand jou tande so hang-hang uit die tent uit wil borsel. Plus, hoe de donner gaan jy koffie-water in jou keteltjie gooi as jy nie water saamgebring het nie, Newton? (Sien ‘Eksemplaar nommer een: Braai’)
Anti-hangover pille en boererate: Bring als wat jy in jou kassie het, tant Sarie! Try dalk sommer borgskap kry by McNabb’s. Ons kamp het elke oggend, boeretroos in hand, almal ons oranje-en-pers sakkies oopgepluk en met trots ‘n tiepe van ‘skriflesing’ gehad met die McNabb’s ‘thought of the day’ kaartjies. (MC het die lot dan bymekaar gemaak om gedurende die dag ons almal te herhinder aan die belangrikse gedagtes vir die dag. “Life is full of obstacle illusions”, gelees met erns en dramatise uitspraak, het die koek gevat vir beste preek van die naweek).
Sonblok: ‘SPF Fokof-Son’ word voorgekryf.
Toiletpapier: Vat fokken baie! Ja, daar is seker in een van die verlate cubicles moer vêr van enige skadu een blokkie half-ply-why-did-you-even-bother oor, maar die realiteit is dat jou squeeze enige tyd gedurende die donker nag ‘n oorweldigende dambreek mag ervaar waarvoor ‘n maraton-pas draf na die feesterrein nie ‘n opsie is nie. (Ek het op die harde manier uitgevind dat daar nie ‘strategically scattered cubicles’ oor die hele plaas geplant is nie). Jy mag vind dat selfs die oulikste poppie wat eens haar mascara-geplakte wimpers al te gretig gewapper het in jou rigting by Dropzone (so tussendeur die jaegerbombs), nie nou die verskil tussen ‘n Toyota Corola se agterband en ‘n genuine Armitage Shanks sal kan spot nie – selfs al hét sy haar kopliggie onthou!
Wat ons dan bring tot by een van die belangrikse oorlewingsreëls in die oorlewingsgids vir virgins: Kies ALTYD die cubicle naaste aan die koelte! Die Afrika son het die genade van ‘n UJ security guard op ‘n powertrip: fokol! So die barmhartige skoonmakers gaan natuurlik die cubicles nader aan ‘hul hoofkantore’, aansienlik varser hou as die res. Dis mos net fokken logika! (Boonop, as jy die moltrein wil molesteer in ‘n plastiek boks met nul lugversorging, gaan ‘n handjie-vol koelte nooit gemis nie).
Let asseblief dat ‘die groot spring clean’ hier rondom elf uur in die oggend in rep en roer spring. Vermy dus die ablusie stasie tot die trok mens-kak by Boom Straat af verdwyn het. Ek vind dat twee weke se inner-bowel-movement training ‘n welkome belegging is in jou dieper geluk as Oppikoppi-ganger. Seriously mense, some things can not be unseen. Train daai sfinkters!
Eksemplaar nommer ses: Ander moers-handige kak
Kom ons val sommer weg met nommer twee van die drie belangrikste implemente van ‘n Oppikoppi-ganger: jou bottel! Die realiteit is dat jy nie glasbottels en kak in die feesterrein in kan vat nie (sien ‘Eksemplaar nommer twee: Die mediese tent’). Jitte – wat nou gemaak!? Oplossing: Jy begin net na Junie ‘n plastiek-bottel versameling bymekaar skraap wat enige rugby jock in sy PT broekie sal laat pre-cum! Want obviously as jy net een bottel vat is jy droeëbek teen die tyd dat die ou by die hek jou meisie se sak gesearch het. (En hulle search elke sak by elke donnerse ingang – die heeltyd – ek sweer – dis ‘n fokken mission – maar ten minste gaan iemand jou nie met ‘n botteltjie pepper spray anaal aanval nie [sien ‘Eksemplaar nommer twee: Die mediese tent’]).
Voetgoed (soos my ma dit noem): Gumboots is ideaal. Enigiets waarmee jy donners vêr kan loop en nie mind om te begrawe op die plaas Sondagoggend nie (RIP my favourite beige boots wat ek vanaf eerste jaar in neentien-toet al dra). En gryp bloeddorstig elke paar sokkies in jou kas!
Moerse baie geduld en liefde vir dronk tieners: the must-have this season!
Earmuffs en alles wat fluffy en warm lyk in jou huis. Liewe fokken Fok, dis koud by Oppikoppi! Jy lag!? Watch hoe chicken jy uit die eerste oggend omdat jy in ‘n milky lollipop van skooljare verander het oornag. Fokken bring ALS wat jy het! Ek sal enige prys betaal vir die naaier wat die jaar ‘n nose-warmer-invensietjie kan uitruk – maak nie saak WAAR hy die ding warm gehou het voor die tyd nie! Op daardie noot: maak seker jou skoene is ook gemaklik om in te slaap. Verwys terug na die nota aangaande al die sokkies in jou kas.
Dit bring ons dan by die slotsom van my gedagtes asook die derde, en dus belanglikste, van die drie implimente wat jou moet vergesel die naweek van 5 tot 7 Augustus 2011: jou golden ticket! For fuck’s sake, hou tog die ding aan jou in die kar as jy oppad is (nie vêr Suid in die boot, onder die coolerbag wat drie dae se ys-vooraad liefdelik omhels en vier sakke houtskool nie)! By die hek is dit ‘n geesdriftige gewemel van angs en jy ry letterlik in, hulle roep ‘tickets and wriiiists’, jy swaai albei laasgenoemde in die vriesende boslug in, en die kaartjie word gescan en ‘n stukkie lap aan jou gewrig vasgemessel wat nie eers ‘n toordokter sal kan afworstel nie. Flink dink manne! Die tou is lank, die pad langer, en almal is ewe dors! Onthou ook asseblief ‘n goeie reël: first in on Friday, last out on Sunday. Jy gaan klaar kak-lank in die tou wag Sondag om uit te kom (dis dalk ‘n lekker wenk om seker te maak daar is genoeg petrol in jou kar vir so vier ure se rush hour traffic), so moet dit nie loop vererger deur aan te dring dat jy tent opslaan reg langs die laaitie wat almal se sakke so fokken aanhoudend search nie. Jy GAAN die meeste stof kry (waarvan daar donners baie is, by the way) en jy GAAN jouself vloek Sondagoggend. Feit-soos-‘n-koei!
O, en mense in die tente rondom jou gaan jou teen dagbreek wakker praat. Dit gaan klink of ‘n ooraktiewe marching band net Noord van jou sklidklier ‘n orgie stig.
Dis standaard.
Jammer om van jou kak te hoor.
Hos ja, Oppikoppie 2011 !!
Watkykjy staan op 3,084,324 post views in totaal sedert 1 November, 2019.