Jy kan hierdie pranks pull op mense wat jou gereeld afpis. Dit werk goed vir die bure se kinders wat raas, beterweterige nole, marabse wat like van afshow, krimpies, konte wat jou kos by die werk steel. Die lys is eindeloos.
As jy regtig braaf wil wees, kan jy al hierdie nasty tricks sommer op een tjommie trek. Maak net seker hy fokken lees nie Watkykjy nie en maak ook seker jy het at least meer as een vriend. Ons wil nie verantwoordelik wees vir jou eensaamheid nie. Fok, wat praat ek, ons is tien teen een reeds verantwoordelik vir jou eensaamheid…
Dalk het jy ‘n week se leave gevat net om by die huis te chill en die geute af te skuur en oor te verf omdat jy nie zak het om deur te skiet Margate toe nie. Moenie worry nie, hierdie faktap pranks behoort jou besig te hou vir so paar dae en dit is nie so duur nie. Jy het in elk geval meeste van hierdie kak in jou huis en jou aangetroude nefie se flat-by-die-see gaan nêrens heen nie.
Checkit, hier is die lys van bestanddele wat jy nodig het om groot kak aan te jaag. Daarna wys ons jou wat om daarmee te doen:
Duct tape, koeksoda, ‘n buddy Coke, suurlemoene, harde sweets, glad wrap, servette, Oreos, sosatiestokkies, peper, ‘n buddy Sprite, ‘n fluitjie, soya sous, Speedstick, tamatiesous, sout, cream cheese, tandepasta, caramel toffies, blomkool, so paar uie, hundreds and thousands, ‘n kombuismes, ‘n slice botter
1) Die glad-wrap kakhuis
Die victims: Hierdie is een van die oudste tricks, maar ons draf maar gou in elk geval deur hom. Dit is veral ideaal by koshuise (lees: nie jou eie huis nie) omdat dit nogals ‘n gemors kan afgee. Werk goed op koshuisbrakke, chicks en dronkgatte
Benodigdhede: glad wrap, iemand se toilet wat nie joune is nie, spoed en ‘n clear getaway roete
Metode: Lig die toilet se deksel en die seat op. Span glad wrap oor die troon asof jy ‘n bak slaai wil toemaak nadat niemand dit wou vreet nie. Sit die seat en deksel terug. Vir ‘n beter effek kan jy die gloeilamp losskroef sodat die slagoffer in die donker ‘n geel straal moet gooi of klont stoot. Dit is veral effektief vir gooses wat kort-kort vir ‘n pis moet gaan, of daai dronkgat tjommie van jou wat so baie spuities kry na hy te veel fles gevat het.
Graad van danger: 9/10 – Staan reg by die deur en begin hardloop as jy ‘n onaardse gekreun, baie gevloek of ‘n gehuil hoor. Bly weg van die crime scene af vir at least twee weke, want jy gaan PK’s met saamgestelde rente kry. Die moontlikheid van vriende vir ewig verloor is baie, baie groot. En baie real.
2) Coke werk vir alles
Die victims: Ideaal vir mense wat gedurig jou koeldrank by die werk steel of sommer net dose in die algemeen. Ook vir vriende wat hulleself gedurig help aan jou yskas, die eerste ding as hulle by jou huis inloop sonder om te groet.
Benodigdhede: ‘n ferm hand, ‘n buddy Coke, ‘n buddy Sprite, soya sous. Brandewyn, glas en ys (optioneel)
Metode: Skink vir jou ‘n gesonde branna in ‘n glas met 3 blokkies ys. Voeg Coke by en drink op in jou eie tyd. Maak die Sprite oop, vat twee slukke en gooi die res stadig met ‘n ferm hand uit in die Coke botteltjie sonder om te mors. Voeg soya sous geleidelik by die Sprite sodat dit naderhand lyk soos ‘n botteltjie Coke. Sit jou gemors mengsel terug in die yskas en moet dit om godsnaam nie self drink as die brannas jou dalk aangetas het nie. Wag vir jou slagoffer om dit te drink.
Graad van danger: 2/10 – Alhoewel die uitrdukking op jou tjommie se gesig kan wissel tussen Casper De Vries wat ‘n kak vang en Kate Middleton wat vir die eerste keer prinses William se piel sien, is hierdie trick redelik skadeloos. Hoekom moet jy kwalik geneem word oor ou Larry Langvingers wat heeltyd jou yskas raid? Groceries kos zak, my pel. Groei ek miskien geld op my rug?
3) Vars Oreo of Lemon Cream koekies
Die victims: Soos met mense wat jou koeldrank steel is daar ook mense wat jou lekkernye probeer zoi. Een of ander oorgewig ginger doos met ‘n soet tand kan nie jou koekies uitlos nie. Jissis.
Benodigdhede: ‘n Pak Oreo of Lemoen cream koekies, tandepasta, ‘n kombuismes
Metode: Heel eenvoudig – separate die biscuit deel van die icing met ‘n mes en eet at least die icing van die mes af. Vervang die icing met tandepasta en sit die koekie weer versigtig aanmekaar. In die geval waar jy Lemon Creams sou gebruik: Dis moeilik om wit tandepasta met pis te meng om daai opregte kanarie geel (met registrasiepapiere) te kry, maar ons is seker jy sal uitfigure hoe om ‘n geel mengsel te maak. Jy is mos slim. Sit die koekies terug in die boks en wag vir die koekiedief om te strike. O ja, vir ekstra effek (nie gewaarborg nie) los ‘n liter lemoensap in ‘n melkboksie langs die koekies want niks meng so lekker soos lemoensap en tandepasta nie.
Graad van danger: 2/10 – Tensy die oorgewig ginger soettand doos jou baas is. Dan ‘n 3/10, want mens kry darem nog iets soos die CCMA. En diefstal is diefstal.
4) Toffie appels vir orige kinders
Die victims: Orige kinders (obviously). Liefhebbers van toffie appels, veral beterweterige connoisseurs wat elke fokken resep ken en ‘n beter voorstel het vir alles.
Bednodigdhede: ‘n pan, waspapier, so paar uie, ‘n paar suurlemoene, sosatiestokkies, daai caramel toffie slabs met die lyntjies op wat soos fudge proe wat mens altyd by die drive-in gekry het.
Metode: Smelt daai caramel toffie slabs met die lyntjies op wat soos fudge proe wat mens altyd by die drive-in gekry het in ‘n pan. Skil randomly so paar uie en suurlemoene (moenie dat die suurlemoen in jou oog spat nie, jou fokken nool). Gooi die gesmelte caramel toffie slabs met die lyntjies op wat soos fudge proe wat mens altyd by die drive-in gekry het oor die geskilde suurlemoene en uie uit – genoeg dat dit heeltemal gecover word. Druk sosatiestokkies in die suurlemoene en uie in. Versprei hulle randomly op waspapier sodat jyself nie eers weet wat is wat nie. Jy gaan dit in elk geval nie moet eet nie. Laat dit afkoel en stol. Bedien aan orige kinders en beterweterige connoisseurs wat elke fokken resep ken en ‘n beter voorstel het vir alles. Vir ekstra aanloklikheid, (veral vir kinders) dip jou “caramel toffie uie of suurlemone” in ‘n bak hundreds en thousands net voor dit te veel afkoel of stol.
Graad van danger: 1/10 – Hoe hard kan kinders nou regtig slaan? In die geval waar kinders dodelik super alergies is vir uie of suurlemoene, sal jy die graad van danger moet upgrade na 10/10 en moet hardloop asof jy glad wrap oor ‘n toilet gespan het by daai koshuis in Reitz.
5) Die nimmereindigende stort
Die victims: Mense wat gesmeek moet word om ‘n stort te vang, stink mense in die algemeen en mense wat handoeke en nat klere laat rondle of enige iemand wat ‘n stort besit vir wie jy gatvol is. Of sit ‘n total twist in die tail: al ooit bored gewees op ‘n Sondag en na skouhuise gaan kyk wat jy nie in Buck Rogers se tyd sal kan bekostig nie? Vat vir jou ‘n pak swieties saam …
Benodigdhede: ‘n Stort, harde sweets
Metode: Kry vir jou ‘n pak harde sweets. Iets soos daai Hall’s wat mense suig om kamtig op te hou rook, Strepsils, Humbugs of sommer iets cheap soos ‘n sak Sparkles by Makro. Tweedens: verkieslik sal ‘n groot stortkop die beste werk. Jy het meeste van die tyd nie tools nodig om die ding los te skroef nie en jy sal heavy suspect lyk met ‘n monkey wrench, so noodwendig sal jy ongesiens moet toets of jy die stortkop kan losdraai. Prop so paar van die harde sweets in die stortkop in en skroef dit weer terug. Moenie worry oor goed soos peppermints nie – die victim sal dit noddefok ruik tussen al die seep en shampoo nie. Die warm water sal die sweets geleidelik smelt en die arme drommel sal dit nie agterkom tot hy of sy eers uit die stort uitklim nie. Dit sal wel ‘n bitch wees om af te droog. Wat hierdie prank supercool maak is dat die persoon weer terug sal klim in die stort om al die taai kak af te was. At least 3 keer. So maak seker daar is genoeg sweets in die stortkop.
Graad van danger: min of meer 0/10 – Dudes like van draad trek in die stort. Sy hand gaan nog lank aan sy zaber en pubes vasklou. En kom ons face dit: ‘n kaal ou wat sy piel vashou en jou met die ander vuis probeer aanrand is net… gay. Dit sal die victim in elk geval poeslank vat om uit te figure waddefok gebeur het.
6) Die tamaties fantasties:
Die victims: Yskas raiders of mense wat gedurig tamatiesous oor alles wil bliksem. Daar is net een plek vir tamatiesous oor alles, en dis in die Wimpy, pappie!
Benodigdhede: ‘n bottel tamatiesous (iets in ‘n plastic bottel soos Heinz), koeksoda
Metode: Jy moet nou fokken mooi luister. Moenie hierdie met ‘n All Gold glasbottel tamatiesous probeer nie. Koeksoda ken nie sy eie krag nie. Hierdie is soos ‘n low level al-Qaeda Molotov cocktail en gee ‘n groot gemors af. Laat die tamatiesous op sy kop staan (onderstebo vir die stadige mense) sodat die tamatiesous die nek van die bottel daai rooi kleur gee asof die outjie vol is. Chris Angel illusionary vibes. Draai hom om en gooi versigtig soveel koeksoda as moontlik in en sit die doppie terug. Laat ek re-phrase: click die plastic doppie toe. Ons werk mos nie met glas nie. Sit dit versigtig terug in die rak, kas of die yskas, wherever jy dit bere. ‘n Tipiese tamatiesous fanatic wat sy koeksoda werd is sal die bottel ‘n goeie skud of ses gee. Teen daardie tyd is jy al ‘n spikkel op die horison want daar gaan ‘n budget van ‘n New Freedom pantyliner TV ad nodig wees om daai kombuis skoon te maak.
Graad van danger: 8/10 – As dit werk. Jy wil regtig nie daar wees nie. Seriously, bra.
7) Gee asselbief die peper en peper aan
Die victim: Enige iemand wat saam met jou in die Spur sit. Verkieslik iemand kleiner as jyself. Nie aan jou tafel nie.
Benodigdhede: Sout, peper, ‘n servet
Metode: OK, fair enough, hierdie een is nie naastenby so cool nie, maar as mens gesuip is in die Spur is alles mos poes snaaks. Veral daai birthday song. Jy laat mos elke jaar dat die waiters vir jou girlfriend sing as hulle uitkom met daai twee sparkles in die gebakte aartappel wat vrek halpad deur die emosielose song. Mos. Anyway, wat jy doen is om ‘n vrye hoeveelheid peper uit te gooi op ‘n servet. Skroef die soutpotjie se cap af, plaas dan die servet vol peper soos ‘n tipe slap membraan binne-in die soutpot. Skroef die cap terug en skeur die stukkies servet af wat uitsteek aan die kante. O ja, en doen dit tog ook net terwyl niemand vir jou sit en kyk nie.
Graad van danger: 1/10 – Mense in restaurante maak nie sommer scenes met ander patrons nie. Tensy julle oor pielgroottes baklei in die toilets. Dan sterf jy.
8) Kaas dit en geniet dit:
Die victim: Daai ou wat jy met die eertste stort trick uitgevang het (sien bo)
Benodigdhede: Speed Stick, cream cheese (iets soos Philedelphia kaas wat jy by Pick ‘n Pay kry, maar dit kan fokken duur wees), ‘n kombuismes
Metode: Hierdie kan nogal ‘n taai een wees (pardon die pun wat toepaslik is op die vorige stort trick). Jy sien, nie almal gebruik Speedstick nie, so as jy dieselfde persoon met beide tricks wil uitvang moet hy ietwat van ‘n sport freak wees. Iemand wat eerder sal praat van “anti-perspirant” as van “deodorant”. Met ander woorde ‘n student wat prokureerswese swot en clubrugby speel oor naweke. Good luck met jou kak vrienderking. Kom ons beweeg aan… Jy draai die die Speedtick uit, verwyder daai kak wat lyk soos glorified, scented beesvet en skroef die “deodorant” terug na sy oorspronklike posisie toe. Vul dit op met oorgenoeg cream cheese, sit die doppie terug, skroef dit weer effens uit sodat die kaas die binnekant van die doppie se shape aanneem, maak dit oop en shape die kaas en maak dit so bietjie smoof. Sit die doppie terug en wag vir jou tjommie om sy kieliebakkies in kaasbakkies te verander.
Graad van danger: 7/10 – as jy dieselfde vriend met ‘n tweede stort prank vang sal hy defnitiek snuf in die neus kry. So ‘n halwe semi-sweet kaasreuk. Hy sal sy hande losruk van sy pubes af en dan is nie net PKs nie, maar ook pielewappers aan die orde van die dag, if you catch my drift.
9) Bliksemse blomkool
Die victim: Jou ma, ouma of enige relative wat jou maak blomkool eet het (as jy dit as ‘n straf aangesien het). Andersins: mense wat vir seconds en thirds gaan om die etenstafel as jy probeer oordentlik wees maar nog steeds die mashed potatoes eye tot dit te laat is vir gemanierde seconds.
Benodigdhede: Blomkool, ‘n slice botter, tandepasta
Metode: Jy sal eerstens die tekstuur van jou algemene kapokaartappels moet verstaan. Die sukses van hierdie dis hang af van jou kombuiskennis en is nie altyd suksesvol nie. Jy wil nie voor die tyd uitgevang word nie, anders kan jy netsowel jou piel uitruk na tafelgebed se “amen” en skree “Kyk na my!”. Kook blomkool in ‘n pot totdat dit sag genoeg is om te mash. Dit hoef nie supersag te wees nie, want jy gaan ‘n hele klomp wit tandepasta uitsqueeze en oor die blomkool uitbliksem en dit meng tot dit soos mashed potatoes lyk. As die kleur nie reg lyk nie, voeg ‘n slice botter by. Sit ‘n blaartjie pietersielie op vir dekorasie en switch dit met die usual mash wat bedien word.
Graad van danger: ongeveer 4/10 – Net jy weet hoe hard mamma of ouma slaan. As pa sy belt losmaak beter jy hardloop. Jy kan altyd net na jou kamer toe harldoop, die deur toeklap, Metallica op fullblast gooi en skree: “Niemand fokken verstaan my nie!”. Jou familie sal weldra agterkom dat blomkool jou tienerjare verwoes het en van agter die geslote deur in trane soebat om jou vergifnis. Al is dit 30 jaar te laat.
10) Rev-rev, poes-poes
Die victim: Bloubulle en hulle ondersteuners. Mense wat hulle karre en bikes afshow. Almal weet dat ‘n kar wat nie aan die bank behoort nie die beste kar is. Ander mense skiem weer hoe harder mens ‘n kar of ‘n bike rev, hoe cooler is dit. Dan kry jy mense in Vereeniging met die Ace Of Spades kaart wat met ‘n wasgoedpennetjie vasgmemaak is en TTTtttrrrrrr! deur die speke van ‘n BMX of ‘n ATB Bomber, maar dis ‘n bespreking vir ‘n ander kerk…
Benodigdhede: Duct tape, ‘n fluitjie (like, ‘n sokker- of rugbyflutjie)
Metode: Hierdie een is fokken maklik. Jy kan dit sommer met almal se karre en bikes doen by ‘n braai. Of by Loftus op ‘n Saterdag as die Rooi Bulle speel, maar dan het jy poesbaie duct tape en fluitjies nodig. Jy weet hoe ‘n hippie drom lyk? Jy gaan dit basies met ‘n kar se kazozpyp doen. Span daai outjie toe met duct tape toe. Om en om en oor en oor. Maak ‘n klein gleufie met ‘n mes en druk die fluitjie se bek in dat hy tighter sit as Sannieshof se munispale budget. Maak seker dat die geraas deel van die fluitjie waar daai balletjie op en af hop nie toe ge-tape word nie. Maak daai fluitjie mooi vas soos ‘n belegging. Wag dat Loftus hulle karre start. Hoe harder die poes rev, hoe meer klink hy soos ‘n poes ref. Dis dalk ‘n goeie idee om dit eers by die huis te probeer om die kuns te verfyn.
Graad van danger: Kom ons spekuleer liewer nie oor wat in Bloubulle of hulle ondersteuners se koppe aangaan na ‘n paar kappe nie. Die koerante het dit genoeg ge-cover.
Bonus prank: Neem al die bestanddele (gereedskap uitgesluit), bliksem dit in ‘n bak en meng op high vir 3 minute lank in ‘n industriele voedselverwerker. Poes die mengsel oor jou baas se kar uit.
Emigreer.
Watkykjy staan op 3,092,346 post views in totaal sedert 1 November, 2019.