Die nuwe Zefshop is live…

In Zefshop deur griffin

Die nuwe Zefshop is uiteindelik live na baie zak en effort. Daar is heelwat improvement gedoen en ons skiem die outjie run smoother. Jy kan byvoorbeeld 'n whishlist create, Facebook comment los en dies meer. Die check-out proses is ook vereenvoudig na 'n one-pager toe. Jy kan ook check-out as 'n guest, met ander woorde, jy hoef nie te register as jy nie wil nie.

In die baie nabye toekoms sal jy ook gift vouchers en gift cerftificates vir jou tjommies kan koop as jy nie weet wat om vir iemand se jaarsdag te gee nie. Jy sal ook mp3's, videos en pdf's kan download.

Ons sal binne die volgende 2 maande nog interesting stock laai. Dit lyk soos fokken Durban se dokke hier met stuff wat ons nog nie voor kans gekry het om in stock te sit nie. Jy is welkom om ons te kontak as jy in 'n band is en jou klere of musiek wil smous. Miskien record jy befokte mp3's in jou garage. Of dalk wil jy daai tuisgemaakte gehekelde kak wat jy oor toiletpapier trek verkoop vir busgeld.

PS: Die ou shop run nog in die background somewhere saam met die nuwe een (in case mense perongeluk op hom afkom.) Ons sal hom binnekort delete. As jy www.zefshop.com intik en by die ou een uitkom, gooi CTRL + F5 om jou cache te refresh. Of CTRL + Shift + Delete. Daar leer jy sommer ook nog iets.

Die shop sal nog kiefer raak. Baby steps.

zefshop

Hierdie post is 98 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 1,737,659 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
griffinDie nuwe Zefshop is live…