Wanneer jy ‘n spokesperson is soos Jimmy Manyi word daar verwag dat jy die basics van taal at least onder die knieg het of as ‘n laaste uitweg at least Google of iets gebruik voor daar kak by jou mond uitloop as jy met die media praat.
OF
Jy kan voorgee dat jy poes slim is en sommer jou eie mediese diagnose uit jou hol uit krap. Een episode House of Grey’s en almal is ‘n fokken expert.
Die minister van sport, Fikile Mbalula het volgens Manyi skielike intense griep of verkoue beleef en neergebliksem tydens een van hulle kabinet kakpraat sessies. Maar hy is fine, want gelukkig was daar ‘n mediese span wat sy asemhaling vir hom uitgesort het met ‘n defribillator. Hy is vandag weer terug by die werk. Defribillators is nie ‘n big deal nie. Dit word vir jou hart gebruik, een van die liggaam se mees onbelangrikste organe. Die vel is byvoorbeeld ‘n baie belangriker orgaan. As jou vel gaan staan is jy dood.
Imagine die scenario – jy ry op die Gautrein Hatfield toe. Ewe skielik kry jy griep – “O my God, ek het griep!!!”, gryp jou borskas krampagtig vas en poes neer om die vloer. Vanuit die nuuskierige crowd bars ‘n ou in ‘n suit met ‘n dik tas van agter af deur: “Dis OK, ek is ‘n dokter!”. Hy ruk sy tassie oop met een smooth move, haal daai paddles uit, smeer dit met KY teenmekaar en skree: “One, two, three, CLEAR!!!” DZZZZZzzzzddd! skok hy jou asemhaling vir jou terug terwyl jou ballas in jou broek rattle soos albasters.
“Is jy gefok in jou kop? Jy sal sy hart laat gaan staan!” laat iemand uit die crowd hoor.
Watkykjy staan op 3,112,785 post views in totaal sedert 1 November, 2019.