Suid-Afrikaanse TV: 101 shows wat jy miskien sal onthou

In Snotstories deur griffin197 Eiertjies

shanana

UPDATE: jy kan hierso lees oor Afrikaanse shows en flieks wat nou op Showmax beskikbaar is. Al die lekker ou flieks en programme is daar! Hier is ‘n 14 dae free trial waar jy alles kan kyk wat jy wil

“Daar is alweer fokol op TV!” – is iets wat mens fokken baie hoor. Serious? Fokol? As jy so lief vir TV is en as dit so ‘n belangrike deel van jou dag uitmaak, sal jy mos ‘n plan maak, of hoe? Kry DSTV PVR en jy sal altyd iets kan kokkenodge. Of doen iets anders. Gaan lees ‘n boek of iets (as jy nog kan lees). Of gaan trek draad. Daai 25 skondes sal jou stres in elk geval verlig. Of gaan dice jou kar in Voortrekkerstraat vir pienk slips.

straatvalkDis nie asof die TV programme back in the day regtig far-out was nie. Meeste van SA se shows is in elk geval oorgeklank deur die 5 odd akteurs wat ons op daai stadium gehad het. Lekker uit sync soos ‘n ou karate fliek: “Ek gaan jou opfok!” (in Paul Ehlers stem. En die lippe move nogsteeds 3 sekondes na die sin op screen voltooi is). Check, Suid-Afrikaners was maar net aan fokol gewoond en alles was cool gewees. Die spreekwoord “jy kan hom met ‘n bak pap en ‘n bottel brannas vang” comes to mind. Ons praat nou natuurlik van die grootmense van daai tyd.

Ons was nie so nie. Uh-uh, ons het van beter geweet. Kak man! Actually het ons fokol geweet, want as mens ‘n kind is hoef jy fokolvicky the viking te weet – jy geniet jouself net en jy kon in elk geval nie die verskil tussen ‘n goeie of kak TV show raaksien nie. Dis ook nie asof TV ‘n moerse invloed gehad het op kinders in die 80s of 90’s nie. Sien julle duisende mans wat besluit het om brandweermanne te word omdat hulle deur Groenie Die Drakie in die kop opgefok is? Sure daar het so paar goed deurgesekemer – hulle pis nou braaivure dood as hulle gespat is op Castle Lite (vir die diet, jy sien). So hier en daar kry iemand nog ‘n poesklap wat heel moontlik oorskiet indoktrinasie is van Teenage Mutant Ninja turtles. Miskien het so paar laities “Het jou, katvis!” geskree as hy dalk ‘n staderd 7 cherrie in sy klas aan die gwap gegryp het vir ‘n cheap thrill, maar daai outjies is vinnig met die rottang uitgesort.

Die TV generation het seker nie te sleg aan die ander kant uitgekom nie. Alles was befok en awesome. Jy het nooit kinders regtig hoor tune “daar is alweer fokol op TV nie”, want daar was altyd iets buitemuurs om te doen: met jou BMX oor boemies ramp voor die kafee, duiwe skiet met pellet guns of mense se intercomms en posbusse afpoes met krieketkolwe. Wel, in Vereeniging het dit in elk geval so gewerk…

groenieLekker pik ek nou ‘n traan. Lekker Generation X. Lekker Generation Y. Kom ons vat julle bietjie terug na die dae toe daar regtig omtrent fokol op TV was. Toe TV ‘n novelty was. Ons praat hier van die dae toe uitsendings teen 18:00 begin uitsaai het en die landsvlag teen 23:50 se kant begin waai het net nadat die beeldkassie vir ons die name gescroll het van laities wat op die grens gesterf het “vir hulle land”. Goeie tye, huh?

Hier is eers so paar videos om bietjie jou memory te jog. Ons het sommer ‘n ou VW ad ook in die mix gegooi:

VW ad – David Kramer en sy rooi velskoen. Wonder of VW hom vandag nog sal gebruik?

Automan – ‘n Program van ‘n man in ‘n disco tubelight suit en ‘n kar wat onverklaarbaar poesvinnig om draaie kan gaan sonder dat jou breins deur jou neus uitskiet. Amper soos Knight Rider, net meer gay. Het moontlik gely tot die marabse wat so dice en vrek in Gezina

Interster  – Die SAUK kon nie Thunderbirds van die BBC af koop nie as gevolg van apartheid. Toe maak hulle maar hulle eie “Thunderbirds”. Die storielyn? Min of meer die backdrop van apartheid.

Liewe Heksie  – Die arme bitch moes aanvalle van die kerke en Huisgenoot trotseer oor die stories oor heksery en satanisme gaan. Kyk gerus hierdie episode van Liewe Heksie en die geel motor waar sy Blommie se piel afkap en in ‘n pot kook terwyl sy pentagramme teken en astral travelling doen … of so iets…

Riptide  – 80s aksie met ‘n klomp badly dressed ex-army buddies wat in ‘n badly dressed helikopter rondvlieg. Dis presies soos A-Team, behalwe hulle short ‘n transit van en ‘n swart ou met goue kitaaangs.

Talespin  – Basically ‘n cartoon vibe van Indiana Jones. Beertjies wat op adventures gaan en skatte en awesome goed opspoor. Ons dink dis beertjies. Mens weet nooit mooi wat Disney se intentions is nie…

Hier is Watkykjy se 101 lys van TV Programme van die 70s, 80s en 90s. Gee jouself sommer ‘n fokken punt en ‘n goue sterretjie vir elkeen wat jy onthou.

A-Teambaretta
Airwolf
Alf
Baasspeurder Faber
Baretta
Beyond2000
Bionic Six
Brakenjan
Bravestar
Die Bosveld Hotel
Buck Rogers in die 25ste Eeu
Casimir
CHiPS
Dallas
Dynasty
Dawie Die Kabouterchips
Darkwing Duck
Derrick
Duck Tales
Gummi Bears
Doctor Snuggles
The Edison Twins
Eendag was daar
Flinkdink
Groenie die Draak
Grootbek en Katvis
Haasdas se Nuuskas
Hardcastle en McCormick
He-Man
Herbergeendag was daar
Het Van Verlangekraal
Interster
Jopie Adam
Knight Rider
Kooperasie Stories
Kraaines
L.A. Law
Liewe Heksie
Magnum P.I
Man From Atlantis
Man Van Intersekjopie adam
Man Van staal
Manemarak
M*A*S*H
Maya The Bee
MacGyver
Die Meisie van Avignon
Miami Vice
Miena Moo
Murder, She Wrote
Nils Holgerson
Nommer Asseblief
Nuustak
Oompie in die Ruimte
Orkney Snorknie
Oskar en Knersesmurder she wrote
Onder Draai die Duiwel Rond
Petrocelli
Paddington Bear
Perfect Strangers
Pipi Langkous
Pieriewieriepark
Police File
Pop Shop
Postman Pat
Pumpkin Patch
Quincy
Remmington Steele
Resque 911
Riptide
Robotech
Rooi en Blou
Rupert The Bear
Santa Barbara
Sha Na Napipi langkous
Silver Spoons
Simon & Simon
Skooldae
Skoppensboer
Small Wonder
Star Trek
Straatvalk
Die Swart Kat
Talespin
Tekkies
Teenage Mutant Ninja Turtles
Ter Wille Van Oorlewing
Thundercats
T.J. Hooker
Trans-karoo
Trompie en die Boksombende
Uit en Tuis
Vicky die Viking
Die Vlakte Duskant Hebron
Vyfsterknersus
Die Waltons
Webster
Wielie Walie
Wolwedans in die skemer
Zapmag
Zet

griffinSuid-Afrikaanse TV: 101 shows wat jy miskien sal onthou

Comments

  1. Appel Peer

    Janee fokkon wragtig mense, Emsie is reg four vark steaks!
    Nog so paar:

    Super Snuiters
    Cities of Gold
    Dinosaurs
    Full House
    Live@5
    Loving
    Who’s the boss?
    Die swartwoudkliniek
    Tropical Heat
    Spies en Plessie
    Bonnie’s Best Buys
    Vendetta
    Red Shoe Diaries
    Sending Vietnam
    Tao Tao
    Care bears
    en die beste van als…Heidi!

  2. Dries Swanepoel

    Wat van om die volgende op die kassie te herhaal: Thornbirds, Falcon Crest en Die Meisie van Avignon

  3. Alta

    Ons het nou lekker gelag, my pa is nou amper 70 en hy het amper n briekmerk in sy broek gekry toe ek dit vir hom lees! jou beskrywings sou nie so snaaks gewees het sonder die vloekwoorde nie. Goed geskryf en flink gedink!

  4. Riaan

    Wat was daai kinder storie in die 70/80 waar die kindres gangsters was en met trap karretjies gery het en hulle guns het room terte geskiet?

  5. lee

    Wat van daai chinese tweeling.en van the twins of destiney.jules and july

  6. Jacques Bingle

    Die kinders met die roomys gewere was Bugsy Malone. Wat van The Blinkens, Starsky and Hutch, Cagny and Lacy, The Cosby Show? Wat was daai reeks waarin Tobie Cronje gespeel het en hy sy ma vra hoe gaan dit met Triksie se spene? Daai was die goeie ou dae!

  7. Jacques Bingle

    Wat van Black beauty.. die perd wat geweet het waar die kak volgende gaan strike?

  8. Ben

    super snuiters. Daai was die shit! Ek sal die kak uit dit pirate as dit beskikbaar was. (Of koop. Regtig)

  9. Valencia Pretorius

    Waar kan ek die TV reekse- Arsenaal en Die vierde kabinet te koop kry? Sal dit regtig waardeer as iemand kan help. Dankie

  10. Riaan met 2 a's

    Wat van Ballade vir ‘n Enkeling, Agter elke man, triptiek, sonkring, konings, torings, arende.

  11. Jan

    JOU TAAL !!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

  12. Lomdel

    Ons soek recordings van die reeks: Tao-tao die panda. Mynie Grove het nog die temalied gesing, dink ek…

  13. Chantal

    Wat van Doffel , Babbel en Bekkie waar die moer is dit mmmm

  14. santjie

    WIE ONTHOU VIR SEBASTIAAN – was storie oor seun op Franse plattekand

  15. Amanda

    Waar kan mens die reeks Meisie van Avignon download ? Dis oorspronklik in Frans, mar was ini sewentigs op SA Tv. In engels of afrikaans met subtitles.

  16. Johan Rothner

    Jou Comment *Kan iemand dalk vir my se waar kan ek episodes van Derrick in die hande kry asook Jacky die beer van die berge? Sou dit baie graag weer wou sien.

  17. John

    Wat was die oorspronklike naam van die Frans oorgeklankde kinder program van die 70`s met die twee narre Sol & Gobele?

  18. Bennie Broekwurm

    Man from u.n.c.l.e
    Arsene Lupin
    Angelique
    Tierbrigade
    Alfa 1999
    The new avengers
    The Dingleys
    WKRP in cincinatti (onthou die tiete)
    Harry Rule
    Misdaad ( The sweeny)
    Rich man poor man
    Dit het tot samehorigheid gelei en almal kon die volgende dag oor dieselfde goed praat

  19. Thomas

    Wat was die storie met daai bees wat klompe gedra het?? In Nederland was dit Boes gewees. Kan dit nerens kry nie…

  20. Pingback: Stream die beste Afrikaanse en local TV reekse en flieks deur Showmax | Watkykjy

  21. 4kantige oog

    Het groot geword met die goed . Waars die Swart kat, Brave star, Vikkie die viking , Dawie Die Kabouter, Patrys Hulle , John Ross, Charka zulu, gummy bears, die smurfs, threes company, hospitaal wes amsterdam, columbo, thundercats . asb mense moet my net nie oorval nie maar het n idee waar om van die reekse te kry ek ruil hulle slegs uit om my versameling grooter te maak.

  22. 4kantige oog

    ek het die volgende reekse:
    agter elke man
    amalia
    arsenaal
    allo alo
    andries plak
    arende
    die boland moorde
    brakenjan
    belade vir enkeling
    benjamin blommetjie
    binnelanders
    bloedbroers
    blousel en brakkechip en dale rescue rangers
    buurtwag
    carpe diem
    cul de sac
    davy crocket
    die avonture van vonk
    die binnekring
    die kabooters
    die kanakwalanders
    die vierde kabinet
    dinoriders
    die sonkring
    die vier musikante van bremen
    die vliende beertjies
    dit wat stom is
    dryfsand
    erfsondes
    gummi bears
    heidi
    het van verlange kraal
    interster
    john ross
    konsternasie op die stasie
    konings
    kooperasie stories
    n lewe van elende
    liewe heksie
    lukky luke
    malan en kie
    mannheim saga
    matewis en meraai
    meeulanders
    moemin
    niklaas
    nils holgerson
    noddy
    onder draai die duiwel rond
    orkney snork nie
    ouma en oupa
    pinoccio
    plek van die vleisvreters
    rommel en drommel
    proes straat
    rich man poor man
    saartjie
    spies en plesie
    star trek almal
    tao tao
    torings
    triptiek
    trompie
    vallei van die sluiers
    vetkoek paleis
    vyfster
    walter die wasbeer
    wenners
    walker texas ranger
    wiekie die viking
    willem
    en nog baie meer van nuut tot oud

  23. Charmaine

    Asseblief iemand sê tog vir my julle onthou die kinder prent Die Bietjies……..of vas dit Wietjies….of so iets.

  24. Karel Void

    Butler Parker
    Vidoq
    Beste Professor
    Barbapapa
    Chapi Chapo
    Sil die Strandwolf
    Christoforus Columbus

  25. Theresa

    Ek sou die Angelique reeks wou aflaai. Soek nou al jare! Ek was nog op laerskool en moes 8 uur gaan slaap! Ons was toegelaat om net vir Angelique op te bly. My Ma was mal daaroor.

  26. Wynand

    Pokkel die Eekhoring … ek kry neren’s ‘n video snitsel?

  27. Andre

    Kan iemand die kinderstorie onthou van die koei wat gaan vis vang en dan trek hy perongeluk die dam se prop uit? My ma sê die naam is iets in die lyn van Oskepades, maar ek kan dit nêrens kry nie

  28. Tania

    Ek onthou dat daar Boekevat en Oordenking in afrikaans was maar ek kan glad nie by die engelse oopmaak kom nie. Ek weet dat die Epilogue of toe, of opgemaak het in engeIs maar daardie tweede een kom my glad nie by nie. Is daar tog iemand wat dit onthou?

  29. Daan

    Hallo 4 kantige oog. Ek sal bly wees as jy my kan help met n paar reekse wat jy het. Dit klink vir my jy stel ook belang in goeie herinniringe. Ek sit my e mail adres neer.

  30. Gerhard

    Wat van Skateiland? Daai was awesome. Vroeg 80s

  31. Emelia

    4kantige oog

    ek soek ook het van verlange kraal.

    Waar het jy dit gekry

  32. Annelize

    4kantige oog sal baie graag meer inligting wil bekom om sodoende my herinneringe met my kinders te kan deel en moontlik jou versameling te kan vergroot. Ek het ‘n so paar oudhede wat dalk jou belangstelling sal wek. As jy moontlik met my in verbinding kan tree sal ek dankbaar wees. My epos adres is annelize.strauss4@gmail.com

  33. Joanne

    Ek Wil nou weet…. Né, war kan ek die programme koop. Ek soek graag angeliqe, die meisue van Avignon, Emile wat so vrek stout was en pippie wat almal laat lag het. My grootste belangstelling is Sebastián. Hy was n aantreklike Kong seun wat met die Swart per gewerk het. Daar was twee hits endings van hom. Natuurlik toe hy volwasse was. As seblief tog. Dankie

  34. Marc

    Weet iemand wat die oorspronlike naam is van die reeks ‘Drie plus een’? Ek dink dit was ‘n Engelse serie. Dit het begin met die karakters en die een is ‘n skerpioen, die andere een ‘n kobra (denk ik), ens.
    Ek soek al jare na die origenele serie se naam.

    Kan iemand help a.u.b.?

    Ek woon in België en ik sien baie mense soek na ou Franse series. Baie daarvan is op DVD verkrijgbaar; ik kan altijd sien of ek kan help.

  35. Euné

    Ek hoop iemand kan my help. Ek het as kind ‘n program gekyk maar kan nie onthou wat die naam is nie. Die hoofkarakter was so vleeskleurige wurm met wit handskoene en groot blou oë. Daar was ook ‘n man in met blonde hare en ‘n groot swaard. Die “villian” was ‘n vrou met rooi/oranje hare en sy het sulke klein monstertjies gehad wat haar gehelp het.

    Kan iemand dalk onthou wat dit was?

  36. Adri

    Kan iemand onthou wat was daai storie dit jare terug van die roomys kombi wat die kinders by die skool ontvoer het.

Gooi Comment