Die boek het vir omtrent 3 jaar lank 'n moerse goeie run gehad en is so paar keer herdruk. Daar is na die laaste druk heavy min copies oor in die shops en die boek sal moontlik nie weer geprint word nie. Ons het so paar boeke uitgehou vir mense wat sou belangstel in limited copies wat deur chopper en griff ge-autograph is. Ons sal hierdie outjies deur Zefshop.com verkoop. So as jy uitmaak van collector's items of net 'n piele persent soek vir iemand, kry jou copy by Zefshop.com
Let wel dat dit 'n sagteband boek is. Die prentjie is net vir fancy-geite, maar dis hoe die cover lyk.
Is Dit Net Ek Of Is Als Tos? – deur griffin en chopper charlie (Moontlik die snaaksste boek ooit in Afrikaans!)
Wat is in die boek? In ‘n neutedop, Suid-Afrika en dit wat ons beinvloed, van A tot Z – met als wat ons irriteer, frustreer, warm onder die kraag maak, verveel of sommer net ons dag opfok. Meer as 150 aspekte van vandag se lewe loop kwaai deur insluitende die AWB, Blou Bul ondersteuners, call centres, Eskom, gholf op TV, lapswaaiers, Oppikoppi boneheads, Saffas, Star Wars junkies, Telkom, Joost van der Westhuizen, Vereenigning, witmense met dreadlocks en talle ander.
Die Skrywers Griffin en Chopper Charlie is twee van die ouens betrokke by die berugte watkykjy website. Sedert hulle kinderdae in Vereeniging het hulle nog altyd hul bekke vol, veral oor goed wat tos is.
Hoekom moet ek die boek koop? Want dit is een van die min goed wat oorbly wat nie tos is nie. Dis die ideale kersgeskenk en dit is fokken cheap. Dit is ook in kort leesdeeltjies geskryf sodat stadige lesers, dom mense en souties ook die die boek kan geniet.
So paar dramatiserings van sections in die boek:
Watkykjy staan op 3,084,307 post views in totaal sedert 1 November, 2019.