Dronkie
'n Dronkie strompel in die straat af en spot 'n kerk. Hy val by die deur in en bliksem teen elke bank vas oppad na die voorkant van die kerk toe. Hy val by die een kant van die confessional in en dit raak stil. Die priester wat aan die ander kant van die confessional sit kan die sterk drank ruik en skiem dat hierdie ou 'n heavy harde lewe het en homself wend tot geloof vir redding. Na 'n moerse lang stilte klop die priester aan die divider: "Kan ek jou help my seun?" Vanaf die ander kant kom 'n huilerige stem: "Het jy kakpapier daar aan jou kant, ma bra?"
Testamente
Die man en vrou sit in die sitkamer en die vrou dink dis dalk die regte tyd om hulle "lewende testamente" te bespreek. Die vrou bespreek eerste haar testament en die man luister so half met een oor en antwoord terug: "Solank jy net weet – ek wil nie 'n fokken vegetable wees nie. Ek wil nie van een of ander masjien en vloeistowwe in 'n bottel afhanklik wees nie. As dit gebeur moet jy mar die plug pull op my."
Toe staan die vrou op, ruk die DSTV uit en poes al sy bier in die wasbak af.
Meraai
Meraai sit eendag wydsbene op die sypaadjie. Gatiep loop verby: "En nou dat djy so wydsbene op die sypaadjie sit?" Meraai antword terug: "Naai, ek het vandag my ma se rent gaan betaal en nou wag ek vir my receipt om droog te word!"
Bier
Twee Suid-Afrikaners belsuit om 'n Ier uit te vat vir bier. Die eerste local ou bestel vir hom 'n Castle Lite en die tweede ou vra vir 'n Hansa Marzen Gold. Die Ierse bra bestel vir hom 'n glas water, gooi tamatiesous, mosterd, 'n hoop peper, so paar chips en 'n verlepte blaarslaai en 'n stuk gekookte eier van iemand se bord af wat sopas die pub verlaat het. Hy roer die gemors met 'n vuil lepel. "Waddefok maak jy?", vra die eerste ou. Die Ier antwoord terug: "Ek het gedog ons kom bier drink, toe sien ek julle bestel 'n klomp kak, toe maak ek maar eerder my eie kak."
Die plumber
Die plumber kom by die hekkie van 'n huis aan een Saterdag. Hy is gebel om 'n faktap geyser te kom regmaak. Daar is 'n moerse fokken rottweiler wat lui in die son slaap. Die plumber sien vir Kallie wat uit die huis uitloop in sy crocs en sy PT broek. "Byt jou hond, meneer?" vra die plumber. Kallie antwoord hom terug: "Nee ou, my hond is fokken rustig. Hy het nog nooit iemand gebyt nie." Die man maak die hekkie oop. Sy linkervoet is skaar in die jaart toe rottweiler opspring en hom byna verskeur. Dis net spoeg en bloed. Die ou manage om op een aof ander manier los te kom en uit te harldoop en skree op Kallie: "Waddefok??!! Ek dog jy tune my jou hond fokken byt nie mense nie!!?"
Kallie antwoord hom terug: "Daai is nie my hond nie. Ek het net hier kom rugby kyk by my pel, Mike"
Watkykjy staan op 3,083,300 post views in totaal sedert 1 November, 2019.