April Fool's jokes is al 'n hele paar honderd jaar oud en dateer moontlik so ver terug as Chaucer se Canterbury Tales (moenie jou kop breek as jy nie weet wie Chaucer is nie. Hy was basically die Jack Parow van die 1300's.)
Daar word elke jaar 'n paar goeie pranks af-gepull internasionaal, maar ongelukkig, omdat daar soveel faktap en weird kak in SA gebeur (amper daagliks), is dit bietjie moeilik vir ons Zefricans om jokes oor simpel of ernstige goed te maak. Vat vandag as case in point: Eskom sit van vandag af alweer hulle tariewe op. Hulle kies 1 April om dit te doen – maak oop die bene, hier kom die houtpiel! No joke.
Toegegee, so nou en dan kom daar iets kief deur waar mense moeite gedoen het met goed beplande elaborate jokes, maar vir die ouens wat vir die run-of-the-mill lames-ass kak val: shame. Jy het seker matriek op 'n pienk of 'n geel vraestel geskryf. Ons biologie onderwyser in V-Town het altyd tydens eindeksamens straight getune (terwyl hy vraestelle uitgedeel het): "Hoërgraad, steek jou linkerklou op! Laergraad, steek jou regterklou op! Onnosel kinders… staan regop!"
Maar genoeg oor jou vir eers… Kom ons kom by die punt uit. Hier is vir julle nog 'n voorbeeld hoekom April Fool's jokes in Suid-Afrika se miserably fail:
'n Pilot het dit reggekry om 'n Boeing B737-200 deur sy hol te trek in Hoedspruit. Die bra het in die donker geland en die verkeerde taxiway gevat. Hy het sy fout agtergekom toe hy aan die einde van die taxiway kom. Nou kyk, as ek so in die donker moet sukkel en rondfok, sal ek eerder wag tot die volgende dag. Ek sal die aerie se grollia lock aansit. Dan sal ek daai kanarie geel emergency slide by die deur laat uitskiet en pens eerste afgly soos daai creepy pikkewyne op Discovery Channel – "Wheeeeeeeee!" Dan sal ek die Boeing se immobiliser knoppie druk *cluck-cluck* en 'n bier of ses gaan klap iewers en wag tot die volgende oggend om die kak en hare uit te sort.
Nie hierdie bra nie. By die taxiway se dead-end het hy besluit om die Boeing te reverse en om te draai (met reverse thrust). Hy het homself so effens misgis en die main gear van die pad af gesit en die aerie het teen die gedeelte langs die pad afgerol. Wat doen jy volgende? Phone a friend? Nee pellie, jy gooi sommer full thrust vorentoe om uit die sloot te probeer kom. Moenie worry oor die engines wat so naby aan die grond is nie, dit sal net die gras insuig. En klippe. En dassies. En ander buideldiere. Miskien 'n mens of twee.
Blykbaar sou hy sy hele surroundings aan die brand gesteek met sy Vin Diesel moves as dit nie vir die reen was nie. Die Boeing is blykbaar afgeskryf omdat die koste van die engines wat Einstein opgefok het meer as die versekerde waarde van die aerie was.
Happy April Fool's day, every day.
Watkykjy staan op 3,073,825 post views in totaal sedert 1 November, 2019.