Die Heuwels Fantasties launch hierdie Woensdag (20 April) hulle nuwe album, "Wilder as Die Wildtuin" by Cool Runnings in Fourways.
Kom pull in as jy lus is om Donderdag werk toe te gaan met 'n hangover. Dan kan jy maak asof Woendsdag die nuwe Phuza Thursday is, want Vrydag is dit 'n publieke vakansiedag. So as jy Donderdag met 'n hangover sit in plaas van Vrydag, sal die tyd ook voel of dit vinniger verbygaan. Ons praat loutere kak, dit werk nooit so – dit voel of die dag nooit wil eindig as mens 'n moerse hangover het nie.
Kom maak in elk geval 'n draai.
Kaatjies is teen R70 presold op Computicket beskikbaar of teen 90 skille by die deur. In die meantime, luister na hierdie tune oor 'n boom:
Watkykjy staan op 3,083,883 post views in totaal sedert 1 November, 2019.