Dayjob Orchestra is 'n klomp dudes wat videos dub en op Youtube gooi. Gewoonlik as mense sulke videos maak, is dit so uit sync uit soos 'n oorgeklankte Japanese Kung Fu movie – die byklanke klink asof twee ouens reeds die kak uit mekaar slaan maar hulle lippe beweeg nog asof hulle in diep conversation is.
Dayjob Orchestra vat 'n ander approach – hulle dub nuwe vocals oor vir die movie clip maar probeer so naby as moontlik aan die akteurs se lip- en mondbewegings bly. Hulle gebruik ook meeste van die tyd clips uit Star Trek episodes uit.
Obviously kom daar 'n klop kak uit wat 90% van die tyd nie sin maak nie. Stuff soos "Mind if I fuck around in your attic?"
Checkit:
Watkykjy staan op 3,110,900 post views in totaal sedert 1 November, 2019.