Baie geluk aan Nene se maatjie, Chantelle, wie se twee vet-omhulde asemhalingsapparate vir hulle tickets gewen het na Durban se Ramfest vir Woensdag 9 Maart by Wavehouse.
Julle gooses moet dit geniet, veilig wees en julle tiete oppas. Moenie drink en bestuur nie, en moenie sweets vat vir lifts by vreemde mense nie. O ja, so terloops – 'n klomp Watkykertjies het ons gemail en ge-offer om vir Lloyd te las sodat hy na die Kaapse Ramfest toe kan gaan omdat hy so groot effort ingesit het met sy foto's en video. Moenie worry nie, ons het hom uitgesort en hy is alreeds 'n dag lank daar. Seker so getrek soos 'n tweedehandse Uno Turbo se fanbelt op 'n bottel Russian Bear.
Dit vat nogal guts om jou naam poepol te maak in 'n onderbroek en soos 'n bergie op speed te skree. Tiete, op die ou einde van die dag, het toe die final fluitjie geblaas…
Net om die res van julle se geheue te verfris. Hier is die entry wat gewen het:
(meeste van julle sien nie eers hierdie sin raak nie)
Watkykjy staan op 3,084,325 post views in totaal sedert 1 November, 2019.