Sy’t ‘n winkelhaak op haar linkerwang
En ‘n regte egte tattoo van ‘n ratelslang
Op haar dimpels, net so duskant die denimbroekie-lyn
Ry ‘n meermin bloots op ‘n blou dolfyn
Daar’s ‘n datum en ‘n naam en ‘n dolk daarby
Sy’t haar tramp stamps sommer nog op skool gekry
Die subliem-gefokkenvleuelde woorde kom oorspronklik uit die song “Wild en Wakker” van Valiant Swart maar, maak uit, jy kan nou ‘n hele lot van die original Afrikaanse rocker se beste song lyrics netjies verpak kry in ‘n boek genaamd “Toorwoorde roep my”.
Ja fok, ons weet jy lees eintlik nie en die titel klink of dit bietjie heavy broadies moet kap in Litnet se yard maar dis rock ‘n roll hierdie – moenie ‘n fokken fout maak nie. In die amper 200 bladsye van die boek sal jy kennis maak met brekers, lovers, rockers, fighters, tannies, laaities, boere en hoere.
Daar word gepaartie, daar word getjank, daar word gedans, daar word genaai, daar word geskinner en daar word laataand oor ‘n stywe dop gesit en dink oor die ou lewe en al sy kak. Jy weet mos…
Dis ‘n mean ou wêreld, baby
Dis beter as jy wegbly van my af
Ten beste is ek ‘n victim van bad vibes
Met my eie tribe
And it hurts
Hulle kies ‘n wicked tyd van die oggend
Om te kom met nog ‘n kouewater-aanslag
Hulle maak moeilikheid met my yin en yang
Verkoop my aan die masterplan
En dit pis my af
Die ding met Valiant is hy laaik ‘n storie. Smaak dit fokken stukkend. So al gaan die tune oor homself vat hy die langpad na die hart toe. Stop so bietjie langs die grondpad, steek ‘n skyf aan en check die horison uit. Once bra. Jy kan ‘n lift vang as jy wil ou, steek net daai duim uit laat die man stop. Hie’ kom hy nou…
Die donderweer raas oor jou radio
Die nag kom aan
Nog ‘n vaal skemer
Het gekom en gegaan
Gister hang soos ‘n landskap
In ‘n goue raam
Jy wonder wat pla jou
Jy voel so oud vanaand
Wat die boek rerig befok maak is dat dit die woorde wegstroop van die huilende kitare en dit straight-up voor jou neersit. Soos ‘n tequila sonder sout as jy ‘n Black Laber ge-order het. Jy gaan hom proe en hy gaan fokken lekker maak. Dis ‘n promise.
Vir ouens soos ek wat nie woord-vir-woord na tunes luister terwyl ek daarop kopskud en holswaai nie, kan ek vir die eerste keer rerig mooi check hoe fokken clever die stories aanmekaargesit is. En check hoe fokken mooi die woorde is en die stories wat hulle vertel. Gees pappie.
Fok poësie en al daai kak. Hierdie is woorde vir mense my ou. Danie Marais gebruik agterop die term “ouens soos ons” en vergelyk Valiant met Bruce Springsteen. Ek stem fokken hundreds. Ons praat hier van woorde vir mens-mense. En mense wat die term “mens-mense” gebruik. Jy weet? Vat nou die woorde in “Eyeshadow”:
Sy’s ‘n halleluja whitewash
Sy’s so kômmin soos ‘n royal flush
Haar tjappies is nommerpas
Sy’s ‘n panelvan doubleclutch
Sy dra te veel eyeshadow
Ek skiem Valiant moes die boek “Koop en Geniet” genoem het, want dis wat gaan gebeur met al julle bliksems wat die ding gaan koop. Kry dit sommer nou, hy’s fokken lekker pappie. Once.
Watkykjy staan op 3,110,846 post views in totaal sedert 1 November, 2019.