Vanoggend 02:30 SA tyd het die mense in Austin, Texas gekyk na die wereld premiere van die shortfilm, Umshini Wam (bring me my machine gun). Dit het gescreen by SxSW.
Wat is SXSW?
“The South by Southwest Conferences & Festivals offer the unique convergence of original music, independent films, and emerging technologies. Fostering creative and professional growth alike, SXSW is the premier destination for discovery.”
So dis nogal fokken huge. Dit is ‘n plek waar mens maklik verlore kan raak in about enige iets wat jou interest. As jy ‘n brein het.
Terug by die movie – Umshini Wam is deur Harmony Korine direct. Hy word gereken as een van Amerika se mees prominente indy film vervaardigers. Hy het ook daai fokken hectic movie, Kids geskryf wat later ‘n cult movie geword het. As jy ‘n depro Maandag soek, neem dit op DVD uit en kyk dit Sondag direk na Carte Blanche.
Ninja en Yo-Landi is die main karakters in Umshini Wam. Hulle is armgat gangsters in rolstoele (met GP personalised nommerplate) sonder enige street cred. Hulle slaap in die bosse, lewe op straat soos rotte, krap in trash rond, rook moerse cartoon size zol, braai worsies in rivierbeddings, maak kak en skiet uzi’s. Al wat hulle wil doen is om nuwe wiele te kry en sodoende street cred, want hulle rolstoele is nie next level genoeg nie.
Die movie is laat verlede jaar in Amerika geskiet. Vir iets wat omtrent 15 minute lank is, het dit ‘n moerse emotional range en is puik aanmekaar gesit. Ons is amper seker dat’n paar awards behoort te volg. Nog ‘n bonus is dat mense nou op beter entertainment sal afkom wanneer hulle Google vir “Umshini Wam”. Verby is Zuma en Malema se kak song en dance. Oudergewoonte en te verwagte, sal so paar mense hulle broeke bekak.
Maak solank gereed om jouself faktap te lag.
Watkykjy staan op 3,049,183 post views in totaal sedert 1 November, 2019.