Dit was die eerste keer wat ek uitgeslaan het by Nekkies in Worcester vir die jaarlikse viering van rock en metal tunes en, pappie, ontgroening was lelik…
Vrydag
Van Vrydagaand kan ek nie veel onthou nie, behalwe dat dit ‘n almagtige gesuip afgegee het. Het gemange om by al die stages uit te kom (ek sweer) en bietjies-bietjies geproe aan Desmond en die Tutu’s, Gezelle, Die Antwoord en Taxi Violence. Ek dink almal was nca, maar ek kan aan vorige gigs dink.
Meer belangrik het ek op Vrydagaand gemanage het om soos ‘n matriekverlater wat fokkol gewoond is en die eerste keer uit is vir ‘n festival, my karsleutels in my malle moer in weg te poes. Dis nou met al die geswerwery tussen stages en watergate, die gedans soos ‘n doos, en trippies kar toe om die Stones te luister. En Creedence. Altyd Creedence.
(Ek het ook gemanage om soos ‘n dom-astrante bonehead ‘n tafel in die biertent om te bliksem en ‘n fight te pick met ‘n bra wat dit glad nie fokken verdien het nie. Sorry Rick, dit was ‘n kak move. Heavy fokken blind, ek sê.)
Saterdag
Om te sê Worcester is warm is soos om te sê Scarlett Johansson is nie te vieslik nie en ek sal haar possibly maybe wil brand. Vir ‘n klein rukkie. Dis fokken poeswarm tussen die Nekkies en dan word dit eers middag. En selfs met die awesome rivier en vlak swembad en miljoen ontelbaar lang ysige drankies drop jy at least ‘n dress size in sweet voor 12.
Hoogs fokken noemenswaardig by Ramfest was die Mercury tent waar daar elke nou en dan spontaan die allerverskriklikste killer parties losgebars het. Soos Saterdagmiddag waar ons later papsopnat en papsopdronk op die tafels en DJ box gedans het op ou classics soos “Eye of the Tiger”, “Baker Street” en “Stuck in the Middle”. En alle instrumente lug gegee het – guitar, dromme, bongo’s en selfs die sax. Gees pappie. G-E-E-S.
Al die kinders het hulle asem opgehou vir Alkaline Trio wat (sover ek kon hoor) sulke pop punk vibes pull. Ek en die Prinses het hulle wel ‘n try gegee maar ek het gevoel hulle se harte was nie in die performance nie. Min gees. Dit was meer soos ‘n “let’s take the money and run” gig. Of maybe is hulle net so goed live. Anyway, definitief nie my highlight nie.
Not My Dog aan die ander kant het nie gestop vir voetgangers nie. Soos ‘n wafferse American Pitbull het hulle die kinners aan hulle nekkies gegryp en geswaai en geruk tot daar net bebloede strepe terug tente toe oorgebly het. Die wat die mauling oorleef het, het mekaar grootoog by die dance stage vasgehou tot die son opkom.
Sondag
Son breek deur die tent op die kakste Sondag ooit. Selfs na ek moes hoes vir ‘n locksmith van Worcester moes ek, met massiewe alomteenwoordige babelaas in my breinstam, ‘n lift kry eKapa toe. Toe ‘n ander kar leen en met spaarsleutels vir die kar gestrand te Worcester, terugry Nekkies toe. Dit als voor 10 en toe het ek nog die lovely prospect om weer die trippie terug Kaap toe aan te durf…
Dis vandag Donderdag en die hele ek pyn nog steeds. My brein het my nog nie vergewe nie en my lyf nog minder. My stem is steeds soek en ek dink ek is besig om siek te word. Maybe is Ramfest so permanent soos ‘n tattoo. Maybe gaan ek nooit weer dieselfde wees nie. Ek weet nie. Wat ek wel weet is dat ek al klaar die slapies aftel na Ramfest 2012.
Watkykjy staan op 3,091,005 post views in totaal sedert 1 November, 2019.