Watkykjy , Blink Stefanus en KWV sponsor ‘n fokken lekker gig in Snor City volgende Sondag, 27 Maart.
Hoekom op ‘n fokken Sondag? Want dis lekker piekniek vibes by die Botaniese Tuine en jy kan die hele family bring. Daar sal even ‘n springkasteel wees om jou kinders moeg te maak. Dit begin 12:00 die middag en die laaste band maak 17:00 klaar. Vir die ouens wat nie bang is om groot te gaan nie, is daar ‘n afterparty by ons tjommies, Mokha Rock Lounge by dieselfde venue.
Zefshop sal ook daar wees om band merch en ‘n paar ander kief goed te verkoop soos onder andere Julius Malema kakpapier.
Ons het ook befokte free collector edition t-shirts vir die eerste 50 mense wat betaal by die hek.
O ja, nog ‘n befokte ding: vir die ouens wat vir een of ander rede by die huis moet sit – ons gaan die main band live video broadcast en interview so teen 16:00 se kant op Watkykjy, so tune in. Jy gaan sekerlik nie sit en Idols kyk nie? Ons het opgehook met mense wat heavy tegnlogie en shit het, so dit gaan befok wees.
Die line-up
11:00 – 12:30 Gates open
12:30 – 13:30 Toby Benko
13:30 – 14:30 Tim Burns
14:30 – 15:30 aKING
15:30 -17:00 Bittereinder ft. Richard Brokensha & Tumi Molekane (Bittereinder launch hulle nuwe album)
Tickets word by die hek verkoop:
R65 vir grootmense en studente
R50 Bot Soc members (valid membership card needed)
R45 Vir skoliere (valid ID needed)
Kinders onder 6 kom verniet in
Ons gee twee double tickets weg op Watkykjy, m.a.w vir 4 mense. Al wat jy moet doen is om ons te oortuig hoekom jy die tickets verdien. Jy het kans tot Woensdag 23 Maart, lunchtyd.
Wat om te bring:
* Zak – bar & kos stalletjies, kief klere en band merch sal beskikbaar wees
* Piekniek baskets met jou persoonlike favourites
* Jy is welkom om sambrele of gazebo’s te bring sodat die son jou nie naai nie. Los seblief die karavaan by die huis, ou grote. Ons moet iewers ‘n lyn trek.
Gaan check die Facebook event uit. Daar is klaar oor die 700 mense wat sover kom. Dit gaan ‘n lekker fokken jol wees en ons beplan nog baie van hierdie tipe parties.
Drop ons ‘n mail as jy enige vrae het.
Chech jou volgende Sondag. Click gerus op die Facebook link onder hierdie post om dit met jou tjommies te share.
PS: As daar enige media mense of respectable bloggers is wat comps soek, drop vir griff ‘n mail. Ons het so paar limited tickets vir media mense. As jy vir die local drankwinkel se nuusbrief verantwoordelik is of foto’s van baba’s in waatlemoene neem, is jy byvoorbeeld nie media nie, so moenie simpel raak nie.
Watkykjy staan op 3,090,351 post views in totaal sedert 1 November, 2019.