More, outjies.
Ongelukkig moet ons vandag se Park Acoustics gig uitstel na volgende Sondag toe as gevolg van al die fokken baie reen in Snor City. Hierdie tipe besluite moet ongelukkig vroeg in die oggend geneem word omdat dit 'n buitelug event is. Die sound crew sal byvoorbeeld minder happy wees as hulle equipment opgefok word – sound moet vroeg ogestel word en daar moet ge-sound check word. Dis ook nie ideaal om met nat gatte te sit en probeer piekniek hou nie.
Die weervoorspelling het getune dat alles piele sou wees vandag. Wat hulle egter vergeet het: Die Proteas het gisteraand gehuil soos hulle oor Suid Afrika gevlieg het om te land. Hulle trane val actually nog steeds oor die flight path. Gaan check gerus die roete uit – dit reen presies waar hulle gevlieg het.
So ons sien julle volgende Sondag. Julle kan gerus Mokha Rock Lounge se Facebook page dophou om te check of hulle vanaand 'n party gaan gooi.
Sorry mense, maar so iets is fokken duur om te reel en ons wil nie geld (letterlik) in die water gooi nie. Laat seblief jou tjommies ook weet.
Ons sal nog steeds volgende Sondag 50 van hierdie outjies weggee saam met shooters:
Watkykjy staan op 3,125,773 post views in totaal sedert 1 November, 2019.