Mirrag, maats.
Onthou Sondag se gig – Park Acoustics by die Pretoria Botaniese tuine.
Hier die Facebook events page as jy dit wil uitchek. Daar is sover net onder 1000 mense wat ons kom join van 12:00 to 17:00 en dan na die tyd by Mokha Rock Lounge se afterparty by dieselfde venue.
Ons het klaar die 4 tickets weggegee aan twee Watkykertjies. So bietjie ekstra info: Die eerste 50 mense wat van 12:00 af deur die hek kom sal elkeen ‘n verniet t-shirt en so paar stickers score en as jy onder die eerste 20 of so mense is, dan score jy sommer ‘n free shooter ook om dinge bietjie op te warm.
Ons gaan die gig live stream, Sondag hier op Watkykjy. Dis nou vir die mense wat te lui is om uit die pisvelle uit op te staan. Dit sal seker hier so van 15:00 se kant af begin stream, so jy kan hier kom inloer wanneer ons die post live maak so 14:45 se kant, net vir ingeval.
En nou, ‘n simpel fokken rympie om julle te amuse:
Watkykjy staan op 3,124,256 post views in totaal sedert 1 November, 2019.