'n Watkykertjie genaam Werner het vir ons hierdie storie ingestuur.
Ek sê nie ek is polities, rasisties of seksisties korrek nie, maar my familie is uhm… Hoe sal ek sê? 'n Uitbeelding van elke tipe (tipiese) mens in die volk van die “République d'Afrique du sud”.
My Pa, van daai wat altyd goed sê en dan word dit nooit gedoen nie. "Ek is moeg vir hierdie kak land en al die kaffers wat niks kan regeer, ek is sommer lus en immigreer". Nou fokken skraap die geldjies bymekaar en treat 'n bietjie die familie. Ek noem dit die “laag-lê-rassis”, stem vir die DA, hou van braai en biltong en sing eerder nie in publiek “kill the black” nie, want daar is ‘n tekort aan balls (iets waarmee Kaster die hele land kan help). Nee, jy sien, die familie kan nie in vrede sit en TV kyk nie. Jy moet verstaan SABC 1, 2, 3 en eTV is UIT! Maak nie saak hoe talentvol of groot wenner hy is nie, “Jy sien!!! Net kaffers oorals”. Persoonlik dink ek nie my pa verstaan die apartheid-is-verby-maak-vrede-met-jou-medemens konsep nie.
Dit laat my dink aan my Ma. Liefdevolle mens, ek is ongelooflik lief vir haar. Sy sal nie ’n vlieg seer maak nie, too bad hierdie is Suid-Afrika so almal vat ’n middagslapie met die vlieëplak onder die kussing (saans is dit die geweer onder die kussing. Gelukkig besit my ma nie een nie. Trigger happy se moer). Ag, wat kan ek nog sê, drink nie, rook nie, vloek nie. Sy is ’n kombuis tannie, gaan haal vir my broer en suster by die skool, kook (moer lekker moet ek byvoeg), maak die huis skoon en werk in die tuin. Ek kon nog nooit verstaan nie, sy sê dit is “therapeutic” of iets, dit is harde werk en kak in my opinie.
Candy, baie soos my ma net… ’n Bietjie meer mal. Sy het pas haar diensjaar klaargemaak (die eerste keer dat sy iets klaarmaak). Nogal ’n pateet as jy my vra. 22, geen kêrel, geen graad. Nou wonder jy seker wat gebeur het van 18 tot 21? So paar maande op universiteit, blykbaar te corporate en “net soos almal anders”, so toe foeter sy maar aan van daar af. Ek het my volle vertroue in haar, ek weet sy is slim, ek weet sy gaan ’n sukses wees eendag, sy kort net daai… Spark en dit moet onder haar gat wees want netnou steek dit haar hare aan die brand.
My jongste suster Karelientjie (ja dit is haar doop naam). Die dokter het seker diep in die bottel gekyk toe die sonar storie gebeur het want hy weet obviously nie die verskil tussen ’n “noe-noe” of ’n “slurpie” nie. Ek dink wel haar naam moes eerder Caremel wees of sy en my suster moes name ruil want kyk nè, Karelientjie hoer rond soos ’n krieketbal oor die boundries na Albie Morkel die ding beet gekry het nie. Haar bynaam is nou Skoolbus, shame, nie omdat mense rond ry nie, meer soos omdat sy vet is en die arme rekenaar kindjies ’n stoot gee… Maar wie blame mens dat sy so uitgedraai het? Ek is doodseker my ma het nog nooit saam my pa geslaap nie (Ons kinders bestaan heelmoontlik omdat my ma ons laat inplant het. Dit sal ook my pa se frustrasies verduidelik) so sy het nie dit by my ma geleer nie. Ek blameer die “tiener trend”, die tiete is so gedek dat een ligte sprong ’n nipple sal produseer. Die ou vet beentjies skud soos sy stap maar die broeke is kort en die selluluut is lekker. Lekker kak!
Dit los ons met my klein boet, Trevor. Hy is net 7 jaar oud, maar kakdom. Sy toekoms behels om ’n 3.0L Ford Cortina warm te maak sodat hy kan “daais” van verkeerslig tot verkeerslig.
Julle wag nou seker vir my lewenstorie? Ek is nie vol kak nie, ek like hierdie land met al sy skete! Ek sien nie ’n tsunami nie, ek sien nie ’n vulkaan, ’n orkaan, ’n tornado of ’n aardbewing nie. Ek is happy hier vir een rede, ek kies om eerder die positiewe van hierdie plek raak te sien as die negatiewe.
Watkykjy staan op 2,931,653 post views in totaal sedert 1 November, 2019.