Griff,
Check die kar, geld kan nie klas koop nie. Dit is ‘n ou wat ek ken se pa se kar. Neem aan die kar staan in ‘n vliegtuig hangar want die ding fokken vlieg
Coenraad
Ek weet nie, my bra. Ek reken daar is ‘n paar mense wat eerder in hierdie outjie gesien sal wil word as in ‘n BMW met dieselfde skakering van metallic spuitkak sprayjob. Van karre af weet ek min, maar dit lyk of mens die Vaaldriehoek se besoedeling probleme kan oplos met die poesgroot airfilter. Daar is nou nie veel van ‘n kattebak nie, maar daai tonnel langs die woofers lyk of hy ‘n bottel Klipdirft Premium met gemak kan huisves. Ek is ook seker dat die kar van 0 to fok jou kan gaan in minder as 6 sekondes. Nou moet iemand net wakker skrik en so monster aanmekaar sit sodat mens ‘n band straight kan inplug en as ‘n mobile stage vir bands kan gooi by Oppikoppi.
Wat skiem julle ander blare?
griff.
Watkykjy staan op 3,089,800 post views in totaal sedert 1 November, 2019.