Die regte Wolverine. Steek weg jou swaarde en Slipknot CDs.

In Fokken Zef Videos deur Christo Brandbruggies

Al ooit gewonder wat daai creepy IT ou wat saam met jou werk doen na werksure? Kanse is goed hy sit naweke ook heeldag voor sy PC by die huis, speel World of Warcraft, kyk kak baie NCIS of kap draties oor jou suster of tjerrie se Facebook fotos (want jy het hom mos accept op Facebook, al werk julle net saam). Daar is ook 'n kans dat hy diabolical planne het om jou en die res van die staff te kom opfok met home made moordwapens. Dalk die comments oor sy asem wat stink of sy tos fiets bietjie meer subtiel begin maak. En dalk maar jou Pronutro vreet en bene strek want hierdie dude lyk glad nie vars van verstand nie, bietjie fokken koekoes as jy my vra.   

Die ou is nie scary in 'n mean "shaolin ninja motherfucker" manier nie. Hy's scary want jy kan check hy lewe in sy eie wêreld – 'n creepy eensame wêreld waarin volwasse mans die tyd en effort insit om kak soos daai van scratch te bou.

Mans wat min genoeg sosiale interaksie met die buitewêreld het, om so iets (wat weke moes gevat het), te kon bou. Sonder 'n ma of pa of vriend wat die waansinnigheid kon bevraagteken met "Wat de fok gaan in jou kop aan? Jy kort pille!". Kyk dit so 2-3 keer dan notice jy hoe sad dit is wanneer hy daai claws uitskiet, sy gesiggie glinster so vir 'n splitsecond terwyl hy dink hy's pis cool. Dan lag hy skelmpies binnemonds vir homself, want daar is niemand nie, net hy.

Hy en sy lee boks om op te fok uit frustrasie.

Hierdie post is 110 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 1,468,939 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
Christo BrandbruggiesDie regte Wolverine. Steek weg jou swaarde en Slipknot CDs.