Ramfest kompetisie. ‘n Moerse bizarre eerste entry…

In Kompetisie deur griffin

UPDATE: Alhoewel Lloyd se entry fokken goed was, kan hy nie in aanmerking kom vir die free tickets nie, want hy het soos sy hol gelees: Hierdie kompetisie is vir mense wat wil kaartjies score na die Joburg of Durban Ramfest. Obviously moet die wenner op eie stoom daar kom. Ons gaan nie karre en private jets en kak huur nie.

Ons los egter sy entry op as 'n voorbeeld om julle te inspire. Kanse is nou weer gelyk vir almal om te wen.

Ons Ramfest kompetisie het met 'n moerse fokken bang! afgeskop. Daar is nou 'n benchmark gestel, so jy sal hierdie blaar moet beat met jou entry as jy daai tickets soek. Hierdie ou het nie net sy huiswerk gedoen nie. Hy het sommer na skool vir ekstra klasse gebly en 'n klomp foto's ingestuur en dit toe mooi afgerond met 'n video ook. Ons raak partykeer bekommerd oor julle Watkykertjies. Jirre, julle kan soms 'n klomp zefgatte wees. Julle is nie lekker nie…

Onthou, die kompetisie eindig Vrydag 4 Maart hier teen duiktyd. Jy het nog 'n kans om hierdie ou te wen…

Ontmoet vir Lloyd. Hy wil baie fokken graag Ramfest toe gaan for free en 'n tjommie saamvat…

26022011_003

26022011_001

26022011_004

Hierdie post is 183 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 2,135,956 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
griffinRamfest kompetisie. ‘n Moerse bizarre eerste entry…